Vrou stap bykans 30 j. om kollektes vir kerk te kry

2019-05-01 06:00
Agatha Schoeman (77) voor die NG kerk Newton Park, waarvan sy reeds die afgelope 30 jaar ’n kerkraadslid is.           foto: Lulama Zenzile

Agatha Schoeman (77) voor die NG kerk Newton Park, waarvan sy reeds die afgelope 30 jaar ’n kerkraadslid is. foto: Lulama Zenzile

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

SY is reeds 77 jaar oud, maar bykans 30 jaar al kollekteer sy steeds gereeld geld vir haar kerk en doen dit steeds te voet.

Benewens die een keer per maand wanneer Agatha Schoeman die 25 huise in die drie wyke besoek om vir die NG kerk Newton Park in Port Elizabeth te kollekteer, stap sy ook weekliks om ’n kerknuusbrief af te lewer by diegene wat nie self by die kerk kan uitkom nie.

Sy sê dit neem haar gewoonlik sowat anderhalf uur om die nuusbriefies op haar roete af te lewer, maar as daar eers tussendeur geselsies aangeknoop word, raak dit veel langer.

“Maar ek geniet dit vreeslik baie. Ek is mal oor die stappery en die mense. Ons raak so deel van mekaar se lewens,” sê Schoeman.

Sy het nog die sertifikaat wat sy in 1989 ontvang het van die kerk die dag toe sy as diaken verwelkom is. “Daardie tyd was ons nog diakens. Deesdae is ons kollektante.”

Wanneer sy terugdink aan die jare toe sy begin het om maandeliks geld vir die kerk te kollekteer, reken sy dat daar baie meer lidmate was.

“Die moeilikheid van daardie tyd was dat baie mense bedags by die werk was en dat ek hulle saans moes besoek. Vandag betaal ’n klomp mense die kerk sommer direk en ek kan dié wat nie werk nie bedags besoek.”

Al is Schoeman nie bang om die strate in te vaar en haar werk vir die kerk te doen nie, het sy sowat twee jaar gelede meer katvoet geraak. “Dinge het verander die aand toe ek in my huis aangerand is.”

Minstens twee mans het toegang tot haar huis verkry, haar aangerand en gewurg totdat sy haar bewussyn verloor het. Twee borsspelde is gesteel.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.