Wegholperd ’n groot trekpleister

2017-07-05 06:01
Mu-een Madatt (in rooi) en Jameel Tobias by die perd wat hulle gevang en na veiligheid gebring het.Foto: VERSKAF

Mu-een Madatt (in rooi) en Jameel Tobias by die perd wat hulle gevang en na veiligheid gebring het.Foto: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n WEGHOLPERD het ’n selfiesensasie in Port Elizabeth se Arcadia-woonbuurt geword nadat sy deur Mu-een Madatt en Jameel Tobias gevang en veilig gehou is.

Madatt (22) sê hy en Tobias het die perd verlede Sondagmiddag in ’n oop ruimte tussen Rensburg- en Yellowwoodstraat opgemerk.

“Sy het ’n dun stukkie tou om haar nek gehad en ons het haar daaraan gevang om te keer dat sy nie in die straat hardloop nie.

“Ons is albei baie lief vir diere en wou hê sy moes veilig wees. As sy verder rondgehardloop het, sou sy seergekry het.”

Die merrie was baie honger, sê hy. “Sy het twee pakke wortels geëet en ’n emmer water leeg gedrink. Die mense van die omgewing het ook selfies saam met die perd geneem.”

Beverley Rademeyer van die Bond teen Wreedheid teenoor Diere (AACL) sê sy het Sondag omstreeks 4:05nm ’n oproep van Madatt se ma, Ameera, ontvang.

“Ons het onmiddellik gereageer, want ’n perd wat eienaarloos losloop, kan in gevaar wees.

“Die perd was natgesweet toe ons daar kom. Daar was ook baie mense wat daar rondgestaan het. Ons moes haar laat kalmeer sodat sy kan voel sy is in ’n veilige omgewing,” voeg Rademeyer by.

Sy sê niemand het geweet wie die merrie se eienaar is nie. Rademeyer het ook die polisie se berede-eenheid gebel vir hulp, asook die Oos-Kaapse perdeversorgingseenheid wat die merrie saam met hulle na Walmer geneem het.

“Wat die goeie daad ook beduidend maak, is dat die Madatt-gesin Moslems is en hul goeie daad was in hul maand van vas.”

Karien van Schalkwyk, wat Rademeyer vergesel het, sê met hul aankoms daar het hulle gesien die merrie is aan ’n paal buite ’n huis vasgebind en het groot aandag gelok. ’n Emmer was vol water en jongmense het hulself vermaak deur die dankbare dier met varsgeplukte gras en wortels te bedien, sê Van Schalkwyk.

Megan Hope, bestuurder van die Oos-Kaapse perdeversorgingseenheid, sê dit gaan goed met die perd. “Hoewel sy geen beserings het nie, het ons haar vir brandsiekte behandel.”

Hope het Maandag aan PE Express bevestig dat niemand die merrie as hul eiendom opgeëis het nie, so gevolglik is sy Saterdag aangeneem.

“Sy het ’n tuiste gevind en is baie gelukkig,” het Hope gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.