Westville-tweetal speel vir OP

2016-06-29 06:00
Adam January, hoof van die Sekondêre Skool Westville, by Debache Maleiba (links) en Enrico Rensburg wat die OP se o/16-rugbyspan gehaal het.  Foto: MORNÉ DU RANDT

Adam January, hoof van die Sekondêre Skool Westville, by Debache Maleiba (links) en Enrico Rensburg wat die OP se o/16-rugbyspan gehaal het. Foto: MORNÉ DU RANDT

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TWEE seuns van die Sekondêre Skool Westville in die Baaise noordelike voorstede het elk ’n plek in die OP se o.16-rugbyspan gekry.

Enrico Rensburg (15) en Debache Maleiba (16) het Maandag in die nasionale VKB-rugbytoernooi in die Vrystaat gespeel.

Hulle glo ’n gesonde balans tussen akademie en sport is nodig om sukses te behaal.

“Dit is nogal opwindend om die eerste skoolseuns uit die noordelike gebiede te wees wat deel van die OP-span gaan wees. Hoewel ek ’n bietjie senuweeagtig was om al die ander spelers te ontmoet, weet ek dat hierdie kans net een keer in jou lewe kom,” sê Enrico. Die seuns se resep is dat hulle van kleins af aan sport deelneem en gou uitgeblink het.

Debache sê: “Ek het in gr. 4 begin rugby speel. Omdat ek so jonk was, het ek gou verbeter. Rugby is my passie, en ek sal dit vir niks prysgee nie.”

Adam January, hul skoolhoof, bewonder die seuns se toewyding.

“Ons is verskriklik trots op die prestasie van hierdie twee uitstekende rugbyspelers. Hulle het uithouvermoë en bly nooit weg van rugbyoefeninge nie.

“Wat vir my belangriker is, is dat hulle hul ouers se volle ondersteuning het, en dis werklik wat alle skole benodig. Veral Debache se pa, Razisch, speel ’n belangrike rol om hulle by die oefeninge te kry. Hy haal darem daardie kopseer van my af.

“En die skool wens hierdie twee jongmanne alles van die beste toe vorentoe,” het January gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.