Ysige weer hou nie rowers binne nie

2016-07-27 06:00
Ao. Alwin Labans. Foto: ARGIEF

Ao. Alwin Labans. Foto: ARGIEF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

TERWYL inwoners regoor Nelson Mandelabaai die afgelope naweek beskerming teen die koue onder snoesige komberse gesoek het, het misdadigers hulle nie deur die ysige weer laat stuit nie.

Volgens ao. Alwin Labans, polisiewoordvoerder, het gewapende rowers die afgelope naweek op twee winkels, ’n nagklub en ’n huis toegeslaan.

In die eerste voorval Vrydagaand het ’n enkele verdagte ’n winkel in uitbreiding 29 van Bethelsdorp beroof.

“Die eienaar, ’n 50-jarige vrou, was besig met klante toe die man omstreeks 19:50 uit ’n motor voor die winkel klim en inkom,” sê Labans.

“Hy het haar met ’n vuurwapen gedreig en is met kontant daar weg.”

Later dieselfde aand is die Cheers-nagklub in Harrower-weg ook beroof.

“Die eienaar het omstreeks 22:50 buite die klub gestaan en met vriende gesels toe hy deur drie gewapende mans genader is. Hulle het hom gedreig en die klub van geld en drank beroof.”

Daarna is Esquire Technologies, ’n rekenaarwinkel in Newtonpark, Saterdag beroof.

“Drie mans, waarvan een gewapen is, het kort na 12:00 ingekom en die werknemer aan diens gedreig.”

Volgens Labans het die boewe met kontant en rekenaartoerusting gevlug.

’n Vrou (30) is skaars ’n uur later in haar huis in Jacksonville beroof.

“Dit blyk dat die vrou bier verkoop, want twee gewapende mans het omstreeks 13:10 aan haar deur geklop, en haar van kontant en bier beroof.

“Sy het met haar baba weggehardloop van die huis, maar met haar terugkoms dié verlies opgemerk.”

Niemand is teen druktyd in hegtenis geneem in verband met dié voorvalle nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

5 top leg exercises for men

Here’s our selection of the five best leg exercises that you can do in the comfort of your own home.

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content this holidays
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
How to open a beer bottle without an opener
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.