100 inwoners word eienaars

2018-05-15 06:01
Som van die nuwe eienaars met Andrews en Arendse.FOTOS: Samantha lee

Som van die nuwe eienaars met Andrews en Arendse.FOTOS: Samantha lee

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Na jare se wag het meer as 100 inwoners van Mitchellshoogte nou huiseienaars geword.

As deel van ’n regstellings-inisiatief het 162 inwoners hul titelbewyse ontvang en is hulle nou die regmatige eienaars van die wonings wat voorheen aan die Stad Kaapstad behoort het.

Sheval Arendse, raadslid van wyk 82 en voorsitter van subraad 12, en Eddie Andrews burgemeesterskomiteelid (suid) het die titelbewyse oorhandig op Dinsdag 8 Mei, tydens ’n spesiale geleentheid by die Tusong-sentrum.

Dit is die eerste van twee geleenthede vir die gemeenskap, het Arendse gesê.

“Ek is vandag baie gelukkig want toe ons nege jaar gelede met hierdie projek begin het, het ons nie geweet ons gaan vandag hier sit nie. Mense wat vir meer as 30 jaar al wag op ’n huis, is hier vandag.

“Daar is nog baie wat briewe moet kry. Omtrent 90 in Mitchells Village moet nog hul titelbewyse ontvang, en ons gaan dit op nog so ’n geleentheid doen.”

Arendse het die eienaars aangemoedig om nie hul huise te verhuur of verkoop nie.

“Julle het lank hiervoor gewag. Moenie julle huise nou vir ’n appel of ’n ui verkoop nie. So gou soos wat jy hier geteken het dat jy jou huis ontvang het, sal jy nie weer ’n huis kry nie. As jy dit verkoop kan julle nie by ons vir ’n huis kom soek nie.”

Sommige van die mense wat hul titelbewyse ontvang het, is al meer as 30 of 40 jaar op die behuisingswaglys.

Andrews het op sy beurt ook die nuwe huiseienaars aangemoedig om hul huise te verseker. “As enigiets met julle huise gebeur is dit julle verantwoordelikheid. Die stad sal nie dit reg maak nie.”

Hy het hulle verder aangemoedig om nie lenings teen hul huise te maak nie.

Yusuf Benjamin het tydens die geleentheid vertel hy en sy vrou het vir 20 jaar in ’n agterplaaswoning gewoon voor hy die huis ontvang het.

Andrews het gesê hy word elke dag herinner aan wat ’n voorreg dit is om ’n huis te besit.

Sofia Cupido was op die behuisingswaglys vir 23 jaar. “Ek dank God dat hy my gespaar het om vandag hier te wees. Ek is so bly om die huis te ontvang,” sê Cupido.

“Dit het nog nie ingesink nie. Ek is nou ’n huiseienaar. Ek kan net opkyk en dankie sê, ek het lank gebid dat ek hierdie dag sien en nou is dit waar. Die Here het my gespaar om my eie huis te kry.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.