Broodwinner sterf in skietvoorval

2018-05-22 06:00
Magdalene Swartz met ’n foto van haar seun, Richard PHOTO: Samantha Lee

Magdalene Swartz met ’n foto van haar seun, Richard PHOTO: Samantha Lee

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

“My seun was nie ’n gangster nie. Hy het nie die dood verdien nie.”

Hierdie is die hartseer woorde van ’n ma wat haar seun verloor het in ’n bendeskietvoorval voor haar huis in Tafelsig.

Die oorledene, Richard Swartz (35), was die broodwinner in hul huis en was welbekend in die gemeenskap as ’n godsdienstige man.

“Hulle het hom altyd geroep ná kerk en gevra of hy vir hulle gebid het. Almal het hom geken en niemand kan dit glo nie,” sê Magdalene, Richard se ma.

Hy was voor die voorval saam met ’n familielid daar naby en was op pad huis toe toe hy gejaag is, sê die familie. Hy was na bewering agtervolg.

Sy suster Fredrieka was wakker toe die voorval plaasgevind het.

Sy was in die voorkamer toe sy hom hoor skree en was op die punt om te kyk toe sy die skote hoor. Sy vertel sy het toe geweet dit was haar broer wat geskiet is.

Haar broer het geskree: “Dit is nie ek [vir wie julle soek] nie! Kyk, man, ek is nie ’n gangster nie. Dit is ek, Richard!” Dit was sy laaste woorde voor hy geskiet was, sê Fredrieka. ’n Buurman is gevra om hom hospitaal toe te neem, waar hy later die oggend gesterf het.

“Hy het gehardloop en hulle skiet hom in ons jaart. Fredrieka het gehoor hoe pleit hy en toe hoor sy die skote,” sê Magdalene. “Hy het verder gehardloop en hulle het hom verder geskiet. Ek wil hê dat geregtig-heid moet geskied.”

Richard is drie keer in die kop geskiet.

Met trane in haar oë onthou Magdalene haar laaste oomblikke met haar seun.

“Voor hy geloop het, het hy gevra dat ek vir hom ’n koppie koffie maak. Ek maak toe die koffie en ek gee dit vir hom en hy vat dit saam,” sê Magdalene.

Sy bid dat die Here haar sterk maak, want sy het haar “alles verloor”.

“Hy het altyd gesê hy sal my nooit los nie. Hy het my gelos. Hy het nooit ’n vrou gevat nie, want hy het gesê hy gaan na my kyk. Ons het ’n bond gehad wat hy met niemand anders gehad het nie. Ek gaan my kind baie mis. Ek het hom in sy eie bloed sien lê, en toe by die hospitaal. Om te sien hoe my kind sy laaste asem uitblaas was die ergste,” sê sy.

“Ek het met hom gepraat. ‘Richard, jy het gesê jy gaan my nooit verlaat nie, maar jy het my verlaat’,” sê sy.

Sy sê sy kan dit nie verstaan nie. Sy bid net dat sy kan weet dat haar seun “tevrede” is.

“My kind was ’n goddelike kind. Hy het die Here gedien. Mense was baie lief vir hom. Ek kan net nie verstaan wat gebeur het nie,” sê Magdalene.

Sy kon nie wakker word toe hul haar roep nie, want sy was in ’n diep droom, sê Magdalene. “Almal het geslaap. Ons het nie eens die skote gehoor nie. Die droom was van ’n paartie, en die polisie kom met gangsters. Ek hardloop, maar die gangsters skiet op my, maar hulle skiet my nie raak nie. Toe ek uit-hardloop, skree ek: ‘Dit was my droom!’,” sê Magdalene.

Die Mitchells Plainse polisie ondersoek die saak en niemand is al in hegtenis geneem nie. “Dié kantoor kan bevestig dat die Mitchells Plein-polisielede om 05:00 ’n klagte van ’n skietery bygewoon het. Die polisieondersoek duur voort,” sê konst. Nozuko Makwayiba, ’n polisiewoordvoerder.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.