By die huis voluit ma en vrou

2016-09-27 06:00
 Denise Newman

Denise Newman

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vir sepie-aanhangers is die bekende aktrise Denise Newman van Athlone amper soos familie, en deel hulle in haar lief en leed op die kassie.

As Daleen in 7de Laan het sy sommige kykers die duiwel in gemaak met haar inmengery in Neville en Charmaine se lewe – veral toe dit blyk dat Vince nie eintlik Neville se seun is nie. Sy is tans te sien as Bridgitte in Suidooster, wat ’n drankprobleem het en dan ook nog jaloers is op haar suster.

Met meer as 30 jaar se ervaring as aktrise op die verhoog, in flieks en op televisie, is dit ook geen wonder nie dat sy deur Jan en alleman as “ons s’n” beskou word en dat almal haar “ken”. Maar wie is Denise as sy nie op die kassie is nie?

“As ek die ateljee verlaat en my voet by my voordeur insit, is ek net Denise, die vrou van Clive, die ma van Dominique, Simóne en Damian. Weg is die grimering en die eksie-perfeksie-voorkoms van die ‘celebrity’, want dan behoort ek aan my huismense,” som sy dit op.

“By die huis is dit altyd vir my belangrik om 100% daar vir my kinders te wees, ongeag hoe hard ek werk. My voete is ook plat op die aarde by die huis,” sê sy.

Sy en Clive is al 35 jaar getroud en volgens haar is kommunikasie en onderhandeling die resep vir die sukses van hul huwelik. Jy moet ook jou trots sluk en erken as jy n fout gemaak het, sê sy.

“Clive en my kinders verkies om op die agtergrond te bly, maar hy weet hoe om my kunstenaarstemperament te hanteer. Hy was baie geduldig en oor die jare het my ruimte gegee om my eie ding te doen terwyl hy alles by die huis glad laat verloop het. Hy is ook ’n beter kok as ek en was ’n ‘hands-on’ pa wat self doeke geruil of met bottelvoedings gehelp het toe die kinders nog klein was,” sê Denise.

Op ’n vraag oor die talle “huwelike” wat sy al op die kassie en in flieks gehad het, en Clive se reaksie daarop, sê sy: “Hy is die enigste een met wie ek wettig getroud is – in die regte lewe – maar in die vermaakbedryf is daar te veel om te kan opnoem! Dit sal Liz Taylor laat sleg lyk! Ons weet dat Liz meer as ses keer getroud was, so maak maar jou sommetjie,” sê sy skertsend.

Cedwyn Joel, Joe Stewardson en Abduraghmaan Adams is drie van haar “mans” wat in die verskillende genres (TV, fliek en sepies) die hoofrolle gespeel het. Ander “eggenotes” met wie sy ook in die een of ander stadium in haar aktrise-lewe “getrou” het, was Zane Meas, Ricky Rudolph en Simon Bruinders.

“In my eerste TV-reeks was Cedwyn in die Allemans my eerste ‘man’. In ’n fliek was Joe Stewardson in City Lovers my eerste fliek-man en my sepie-man is Abduraghman, nou in Suidooster. Ek was ook die eks-vrou van Zane Meas in 7de Laan.

City Lovers is nooit in Suid-Afrika vertoon nie, want dit was verban. Die fliek was ’n aangepaste film gebaseer op die kortverhaal van Nadine Gordimer wat handel oor liefde oor die kleurgrens, en is in 1984 uitgereik.

“Dit was my eerste hoofrol in ’n fliek en is tydens die apartheidsera in Suid-Afrika verfilm toe die Immorality Act nog in werking was. Die film is wel in Europa, die VSA en die Verenigde Koninkryk vertoon,” vertel sy.

“As ek elkeen van die drie moet beskryf, sal ek Cedwyn as barmhartig en eg beskryf, want jy vergeet nooit jou eerste man nie! Joe was briljant en menslik en Abduraghmaan sal ek as snaaks en behulpsaam beskryf,” sê Denise.

“In my loopbaan het my pad met soveel mense se paaie gekruis en vorm ’n mens ’n konneksie met almal. Jy kan nie met almal op en van die verhoog af bevriend wees nie, maar almal met wie ek in aanraking gekom het, het my lewe op die een of ander manier geraak,” sê sy.

Sy wou egter nie uitbrei oor elkeen se goeie of swak punte nie, want soos sy dit op Engels stel: “A lady doesn’t kiss and tell!”

“Clive hanteer al die ander mans in my lewe regtig goed. Hy is die een wat byvoorbeeld sal sê ek moet grimering aansit as ons die winkels invaar of êrens heen gaan, want jy weet nooit in wie jy vasloop nie.

“Hy het baie geduld, ook as van my aanhangers my nader vir ’n foto, ’n handtekening of geselsie. Hy verstaan dat ons wat elke dag in elkeen se sitkamer op die kassie is, ’n plig teenoor die publiek ook het,” gesels sy.

As sy die kans kry om met nóg mans in ’n fliek of sepie te “trou”, is Christopher Walken, Denzel Washington, Akin Omotoso en Albert Pretorius op haar wenslysie.

“My en Clive se verhouding is baie sterk en hy het nie ’n probleem met al die ander mans in my lewe nie, want hy verstaan waaroor alles gaan.

“Wanneer ek die eerste keer die akteur ontmoet wat die hoofrol teenoor my speel en dis ’n liefdestoneel, is my eerste woorde gewoonlik: kyk, dit moet eg lyk, maar asseblief geen tong nie,” vertel sy laggend.

Oor die jare het sy maklik beweeg tussen teater, films en televisie, maar het ook ander akteurs opgelei en jong akteurs in Suid-Afrika ontwikkel.

Oor hulle het sy die volgende te sê: “Elke persoon wat ek opgelei het, is uniek en dis regtig moeilik om iemand spesifiek uit te sonder. Daar is soveel ware talent wat ek al raakgesien het – van hulle word dalk bekend, en van hulle nie.

“Maar, net omdat jy nie bekendheid verwerf het nie, beteken dit nie jou talent is minderwaardig nie. Ek is trots om ’n bydrae in enige akteur se ontwikkeling te lewer.”

Denise sê van die ander hoogtepunte in haar kleurryke loopbaan is rolle in Forgiveness in 2006, met Ian Gabriel as regisseur, en Sexy Girls in 1997, met Russell Thompson as regisseur, en in albei dié flieks is sy as beste ondersteunende aktrise benoem.

Internasionaal het sy erkenning verwerf vir The White Lioness in Swede en The Waterbaby in Italië, en sy het in 2009 die hoofrol in Shirley Adams onder regie van Oliver Hermanus gespeel.

Sy het ook toekennings as beste aktrise by internasionale filmfeeste in Dubai en Durban in 2009 ontvang, Grenada in 2010, Festival Khouribga Morocco in 2010 en die Carthrage Film Festival in Tunisië in 2010.

Haar stokperdjies sluit in lees, flieks kyk en saam met vriende kuier.


Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/World
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.