Cassiem spyt hy kon hom nie toets

2018-10-23 06:00
Cassiem Jabaar (links) by sy WP-haker, Ismail “Brother” Khan van Silvertree.

Cassiem Jabaar (links) by sy WP-haker, Ismail “Brother” Khan van Silvertree.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die feit dat hy nie kans gekry het om sy talent teen ander wêreldklas-skrumskakels te toets nie, is die enigste aspek van sy rugbyloopbaan waaroor Cassiem Jabaar (72) van Grassy Park vandag spyt is.

“Alles is net hoorsê, maar ek was gevra om in die apartheidsjare in die Springbokproewe in Bloemfontein en Pretoria teen Dawie de Villiers, die destydse kaptein en skrumskakel, te speel, maar het daardie kans prysgegee. Ek het dus ook my kans om teen Gareth Edwards van Wallis en Sid Going van Nieu-Seeland te speel nie benut nie, maar het Going jare later ontmoet en toe kon ons rugby gesels,” het Cassiem gesê.

Hy het in sy rugbydae van 1964 tot 1980 vir 16 jaar net vir Caledonian Roses gespeel. Hy het sy provinsiale debuut vir WP in 1969 op City Park in die Rhodesbekerkompetisie teen Natal op die Woensdag en City & Suburban (Cities) op die Saterdag gemaak en is toe as Springbok gekies. Sy Springbokdebuut was in 1969 teen die Suid-Afrikaanse Swartes (SA Africans) op die Groenpunt-baan­.

“Daar was baie hoogtepunte in my rugbyloopbaan, maar twee wat vir my uitstaan is toe WP teen Cities met 12 man gespeel het en ons met 5-0 gewen het. Beserings het ons geknou, en daar was nie meer plaasvervangers nie en die 12 moes toe maar vasbyt tot die eindfluitjie geblaas het.

“Die ander hoogtepunt was die wedstryd teen Kwaru in die Athlone-stadion in 1972 toe 30 000 toeskouers die wedstryd bygewoon het. Ons het rustyd met 13-0 agtergeloop en die wedstryd met 20-13 gewen. Ek het twee drops van die kantlyn oorgeklits om die telling te laat krimp. Groot name in die Kwaru-span was spelers soos Themba Ludwaba en Peter Mkata,” het hy gesê.

Cassiem het ook in 1969 teen die langslewende swart Springbok, Norman Mbiko van die SA Swartes, op Groenpunt-baan en in Port Elizabeth gespeel. Jare later het albei as ontwikkelingsbeamptes by die Westelike Provinsie-Rugbyunie gewerk­.

“Jy moet onthou, Norman het ook vir die Suid-Afrikaanse Rugbyvereniging (die Leopards) uitgedraf en hy het gereeld teen Dougie Dyers, kaptein van die SA Rugbyfederasie, gespeel toe rugby geskeur het. Ons al drie het uiteindelik saamgewerk by die WP en daar was nie wrywing nie, want rugby was ons passie en die spel en spelers het eerste gekom,” het Cassiem gesê.

Op ’n vraag of hy saamstem dat rugbykenners glo dat losskakels spel dikteer, was hy baie verontwaardig.

“Skrumskakels is veronderstel om die link tussen voor- en agterspelers te wees. Hulle is die spelskeppers en moenie net die bal aangee na die losskakel soos vandag se mode is nie. Jy moet die voordeellyn aanval, om die skrums breek, steekskoppies gee en jou teenstanders altyd aan die raai hou, maar vandag speel die skrumskakels soos robots, op ander (lees afrigters) se instruksies. Jou natuurlike talent word doodgemaak, want jy word nie toegelaat om jou eie inisiatief te gebruik nie.

“In my speeldae het die pak die teenstanders voor saggemaak en die skrumskakel het die bal na die agterlyn aangegee of self sy breekslae uitgevoer om oor die voordeellyn te kom. Ons het van ons doellyn aangeval met dartellopies of aangeë. Alles is vandag geskoei op beroepsrugby waar die spelers jou wil doodhardloop. Hulle sit fases op, vorder een of twee meter en vat kontak sonder dat die bal die werk doen,” het hy gesê.

Cassiem glo ook dat die speelveld vir jong rugbyspelers gelyk gemaak moet word.

“Spesiale skole speel ’n groot rol in die ontwikkeling van hul spelers wat gereeld die Cravenweekspanne van jongs af haal. Rugbyspelers in ons gemeenskappe kan nie eens bekostig om gimnasium toe te gaan nie. Die ideaal sal wees dat klubs in die gemeenskap skole aanneem en help met die ontwikkeling van die spelers. Klubs speel elke Saterdag van soggens tot smiddae op een veld om hul verpligtinge na te kom. Provinsies sal ook meer aandag moet gee aan spelers wat talent het om bo uit te kom.

“In proewe kry ons spelers net een kans en word dan nie weer oorweeg nie, terwyl ander meer speelkanse kry. Vat nou byvoorbeeld vir Elton Jantjies. Hy kry nie genoeg kans in die Bokspan nie, want hy moet nou derde viool speel naas Handre Pollard en Damian Willemse. Nou hoe verwag jy dat hy op sy beste moet wees as hy minder as tien minute in ’n wedstryd speelkans kry? Gee spelers vryheid om hul talent op die veld te wys en hou op torring aan hul natuurlike talent omdat die speler by die afrigter se speelpatroon moet inpas,” het Cassiem gesê.

“Amper 30 jaar ná eenwording het min in rugby verander. Gegewe die politiekie situasie destyds was ons gedruk om eenheid te bereik en het ons die oorhaastige pad gevat. Ek het gevoel ons moes ons strukture gehou het en deur ons spanne aan die WP se Groot Uitdaagbekerkompetisie deelgeneem het om te sien waar ons spelpeil is. Ons sou dan vandag beter af gewees het,” het hy gesê.

Cassiem wil onthou word as ’n rugbyspeler. Hy wil hê die rugbygeskiedenis van bruin en swart moet opgeteken word.

“Ons word nie getel nie, want kommentators kan net van hul wit eweknieë praat, want hulle ken nie hul ander tydgenote nie. Ek wil weer rugby laat herleef in Distrik Ses, Woodstock en Soutrivier, want dis waar my rugby in Windsorstraat ontstaan het voordat ons verskuif is.

“Die een rugbyreël wat moet verander, is by die ingooi in die skrums. Skrumskakels gooi die bal onder die haker se voete in en dis onregverdig. Ek wil ook onthou word as iemand wat my rugbykennis met ander gedeel het in werksessies of kursusse,” het Cassiem gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.