Fluitjieblasers word geteiken

2019-09-03 06:01

Die WP-Rugbyunie (WPRU) strompel steeds voort van die een krisis na die ander.

In die jongste episode het ’n sleutelarm van die WPRU, die unie se skeidsregtersvereniging, verlede week geweier om enige fluitjieblasers beskikbaar te stel vir die afgelope naweek se belangrike reeks klubwedstryde – onder meer die laaste sarsie Superligawedstryde.

Dit is waarskynlik die eerste keer in die geskiedenis van klubrugby in die WP dat so iets gebeur.

Skynbaar is die verduideliking vir die skeidsregters se optrede dat die blasers enersyds te veel geteiken word deur misdadige elemente by sommige sportterreine, en dat hulle nie voldoende beskermende ondersteuning van die WPRU ontvang nie.

Andersyds voel die skeidsregters blykbaar dat hulle nie genoegsame geldelike steun van die moederunie kry nie.

Maar inderwaarheid strek die ongelukkigheid onder die skeidsregters (en so ook die algemene publiek) veel verder.

Daar is voortdurende onderlinge struwelinge in die WP se rugby-opset; administratiewe flaters duik van tyd tot tyd op; daar is ’n onnodige sloerdery met die kontraktering van Curriebeker-spelers en die WPRU se finansiële situasie is in ’n erge warboel.

By die skryf hiervan het dit bekend geword dat alle belanghebbendes die afgelope Maandag 2 September koppe bymekaar sou sit tydens ’n krisisvergadering op Nuweland – om minstens die probleem ter wille van ’n gerusstelling en tevredenheid by die skeidsregters tuis te bring sodat die klubwedstrydprogram weer sy gang kan gaan.

Indien konsensus in hierdie verband nie bereik sou word nie, maar terselfdertyd besluit sou word dat alle onafgehandelde wedstryde steeds moet plaasvind, dan gaan ons vanjaar nog Superliga-klubrugby sien tot vlak in die somermaande.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.