God gee vrou krag om oor te begin

2018-02-20 06:00
LaRochelle Muller.FOTO: Samantha Lee

LaRochelle Muller.FOTO: Samantha Lee

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Weggegooi, misbruik, verkrag, dwelms, prostitusie en moord.

Dit was die pad van haar lewe voordat sy deur God gered is.

LaRochelle Muller, ’n vrou van Wesbank het verlede week haar storie gedeel in die hoop om ander vroue te bemagtig.

“Toe ek vier-jaar-oud was het my ma my verlaat. Sy het my na haar vriendin toe geneem vir ’n naweek en nie weer teruggekom nie. Sy het my verlaat en het nie eens totsiens gesê nie. Met geen verduideliking nie, het sy my daar gelos met ‘n klein sak klere en niks anders nie,” sê Guller.

“Ek het toe daar gebly en toe ek nege-jaar-oud was, was daar baie mense in die huis. Ons was vyf meisies en vier seuns wat saam grootgeword het. Ons moes almal in een kamer op die vloer slaap en in die aande het die seuns beurte gemaak om my te verkrag. Sommige van hulle was ons ouderdom en sommige van hulle was twee of drie jaar ouer as ek. Hulle het oor die ander meisies geklim om na my toe te kom.”

’n Vyfde man wat uit die tronk vrygelaat was het toe ook in die huis gebly en het toe sy kans ook gevat, sê Muller.

Jare later het sy wederstrewig geword en haar ma blameer vir alles wat met haar gebeur het.

“Ek kon niks in daardie huis sê nie want daar is vir my gesê dat dit nie my huis is nie. Hulle het vir my ’n bed gegee, deur skool gesit, maar ek was misbruik en verkrag. Maar toe ek hoërskool begin het, het dit gestop. Ek het toe uitgegaan en my lewe begin geniet, Ek was opstandig. Ek het nie gedrink of gerook nie. Ek het ook nie weer seks gehad nie want ek was te getraumatiseer oor wat met my gebeur het. Mense het gesê ek is los, maar ek het geweet ek is nie. Ek het my lewe geniet,” sê Muller.

Een aand het sy Lovers-lane toe gegaan met haar vriendin en die se kêrel. Die paartjie het toe ook ‘n ander man saamgenooi.

“Ons het gedrink en gerook en geëet. Als was lekker. Later die aand het my vriendin en haar kêrel gaan stap en vir my en die man alleen gelos. Hier sit ek alleen met die 32-jarige man. Ek is 17. Hy het sy arm om my gesit en ek het nee gesê. Hy het toe geantwoord: ‘Wat het jy gedink. Vir wat het jy gedink is jy saamgebring? Ek het al die kos en goed gekoop wat julle geniet het. Jy was vir my gebring en dit is nou terugbetalingstyd’,” sê Muller.

Sy is toe verkrag en het swanger geword. “Die mense het nie vir my geglo toe ek sê wat met my gebeur het nie. Ek was gesê dat hulle nie nog ’n mens kan voed nie,” sê sy. “Ek wou die kind doodmaak, ek wou pille drink. Die kind is toe op sesmaande gebore. Ek was uitgeskel en toe vat ek my kind en trek. Ek het hier en daar gewerk om vir my kind toe sorg,” sê Muller.

Sy het haar ouers gaan soek weer by hulle ingetrek. Haar ma het toe weer in haar lewe gekom. Hulle kon nie oor die weg kom nie en sy het haar nog steeds gehaat, maar sy het nêrens anders gehad om te gaan nie.

“Ek moes vir my kind sorg en ek lees in die koerant dat vroumense gesoek is. Ek gaan toe vir ’n onderhoud en die man sê vir my dat dit prostitusie is. Ek het toe die werk aanvaar,” sê Muller.

Sy het vir 12-jaar prostitusie gedoen en het weer swanger geword.

Dit was voor sy haar eerste man ontmoet het. “My ridder op ’n wit perd. Ek was gewoond daaraan dat mans my net gebruik en net een ding wou hê van my, maar hy het my op sy hande gedra,” sê sy.

Hulle trek toe Durban toe vir sy werk en sy los haar kinders agter. Sy was nie deur sy familie aanvaar nie en hulle trek toe terug Kaapstad toe.

“Toe begin die mishandeling. Hy het vir my gesê dat hy vir my gesorg het, nou moet ek vir hom sorg en ek gaan terug prostitusie toe,” sê Muller.

Jare later word sy swanger, maar die mishandeling word erger, en hy begin haar kinders ook molesteer.

“Een aand skrik ek waker en hy is besig om met homself te speel oor ons kind. Ek vra vir hom wat hy doen en hy sê vir my ek sien goed,” sê Muller.

Sy wou hom los maar hy het haar gedreig.

“‘Niemand los vir my nie’. Hy het toe gewys wie hy was. Jare later het ek besluit dit is tyd en ek sê vir hom ek gaan net die kinders bietjie uitvat. Ek het hom gerusgestel dat ek terugkom, maar ek het geweet ek gaan nie. Ek het my kinders toe by my tannie gelos en teruggegaan om ons tasse te pak.

“Hy het toe ingekom en vir my gegryp. Hy slaan my dat ek sterre sien. Maar ek was vasberade. Ek baklei terug en ek soek iets om hom seer te maak. Ek wou hê hy moet voel al die seer wat hy my en my kinders laat voel het. Ek gryp toe ’n bottel terpentyn. Ek gooi dit op hom en ek steek hom aan die brand,” sê sy.

Hy is later in die hospitaal dood as gevolg van sy beserings.

“Ek het so ’n gevoel gekry. Ek huil en ek vra ‘Here, wat het ek nou gemaak’. Hulle het my toe in hegtenis geneem en ek kom voor. Ek was vir Kersfees agter tralies en my kinders het by my kom kuier. Ek vra toe vir die Here dat hy nie my kinders straf nie, want dit was my keuse en hulle het nie hiervoor gevra nie.”

“Ek was uit op borg en wou alles beëindig. Ek wou myself doodgemaak het want ek is nou ’n moordenaar. My kinders sou beter af sonder my wees. Maar ek het die Here hoor praat. Ek het so ’n verlange vir gebed gehad. Mense het gekom om vir my te bid maar ek wou nie dit hê nie. Eendag vra ek my neef as hy kerk toe gaan en ek gaan saam hom na ’n diens en daar bid hulle vir my. En ek gee my hart vir die Here. In daardie oomblik het ek gerus gevoel,” sê sy.

“Ek was gemerk as ’n bedreiging vir die samelewing. Mense wou nie naby my kom nie maar vreemde mense het die Here op my pad gestel om my te red.”

Na jare van vertragings het haar moordsaak voorgekom en die landdros het haar tot net 18-maande tronkstraf gevonnis.

“Dit was nie ’n landdros nie, dit was die Here. Vandag is ek ’n vry vrou. Ek is weer getroud en ek swot. Ek het ’n vaste werk en ek is gelukkig,” sê sy.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.