Groep roep inwoners

2017-10-24 06:00
Die Bring Goolam Back-groep vra inwoners se ondersteuning by daaglikse betogings buite die polisiekantoor, soos hierdie een Donderdagaand. FOTO: SAmantha Lee

Die Bring Goolam Back-groep vra inwoners se ondersteuning by daaglikse betogings buite die polisiekantoor, soos hierdie een Donderdagaand. FOTO: SAmantha Lee

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vir meer as drie weke nou al vra ’n groep gemeenskapswerkers vir die terugkeer van ’n senior ­polisiebeampte.

Die Bring Goolam Back-groep (BGB) is vroeg vandeesmaand gestig ná brig. Cass Goolam, bevelvoerder van die Mitchell’s Plein-polisiekantoor, op verpligte verlof gesit is.

Die werk van Goolam en 13 ander beamptes is verlede maand opgeskort ná die verdwyning van vuurwapens by die polisiekantoor.

Die saak word as ’n interne aangeleent­heid beskou en die polisie wil nie daarop kommentaar lewer nie.

Maar die BGB-groep is vasbeslote om hul stemme te laat hoor.

Vanaf Saterdag 14 Oktober doen die groep ’n beroep op inwoners om saam met hulle met plakkate voor die stasie te betoog (“Calling for police head’s return,” People’s Post, 17 Oktober).

Dit was hul eerste betoging en hulle is sedertien elke dag van 18:00 tot 19:00 voor die polisiekantoor.

Hulle het ook Donderdag om 10:00 ’n multigodsdienstige kerkdiens op die veld oorkant die hof gehou.

Joanie Fredericks van die BGB-groep sê die stasie het sy leier nodig.

“Ons het boodskappe en oproepe van beamptes wat saam met Goolam staan,” sê Fredericks. “Ons staan saam met ’n man wat sy lewe vir Mitchell’s Plein gegee het. Hy het homself bewys.”

Eerw. Rodney Naidoo, ’n gasspreker by die diens, sê die gemeenskap moet ­saamstaan.

“Misdaad raak almal. Die tyd vir ’n kompromis is verby. Ons moet opstaan en dinge doen wat vir elke gemeenskap goed kan wees. Vir te lank het Mitchell’s Plein onder die vyand se spel gebly,” sê Naidoo.

Ursula Peters van die Gemeenskap Bid Beweging sê dit was belangrik dat hulle oor die saak gebid het.

“Dit is uit ons hande en ek het net gevoel ons moet dit voor die Here bring.”

Nog ’n diens word Saterdag van 10:00 tot 12:00 by die Laerskool Imperial gehou.

V Vir meer inligting volg die Facebook-blad Bring Goolam Back.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.