Grondprobleme talryk

2018-05-01 06:00
Annelize Crosby, hoof van grondsake by AgriSA kyk toe terwyl prof. Jaap de Visser, direkteur van die Dullah Omar-instituut by die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) praat. De Visser en Crosby was albei sprekers by ’n geleentheid wat deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) in Bellville gehou is.FOTO: Nielen de Klerk

Annelize Crosby, hoof van grondsake by AgriSA kyk toe terwyl prof. Jaap de Visser, direkteur van die Dullah Omar-instituut by die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) praat. De Visser en Crosby was albei sprekers by ’n geleentheid wat deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte (SGR) en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL) in Bellville gehou is.FOTO: Nielen de Klerk

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

As grondhervorming in Suid-Afrika nie suksesvol is nie, gaan die hele land daaronder ly.

Hierdie feit het AgriSA al jare gelede besef, vertel Annelize Crosby, hoof van die organisasie se grondsake-afdeling.

Crosby het gepraat by ’n ontbytbespreking deur die Sentrum vir Grondwetlike Regte en die Skool vir Publieke Leierskap (SPL), wat verlede Woensdag by die SPL-kampus in Bellville gehou is.

“Ons moet ’n manier vind om grond suksesvol te hervorm,” sê Crosby voorts.

Hierdie kwessie is egter kompleks en emosioneel. “Ek is baie besorg oor die huidige diskoers dat die konsep van grondonteiening sonder vergoeding gesien word as die grootste struikelblok as dit by grondhervorming kom.” sê sy.

Navorsing wys egter dié struikelblokke lê elders.

Weens hierdie debat word landsburgers egter geforseer om baie ernstig na grondhervorming te kyk en te bepaal wat tot dusver verkeerd gegaan het en watter van die min positiewe punte is.

Dié regte probleme is meervoudig, sê sy.

Daar is byvoorbeeld oor die afgelope 24 jaar nie genoeg begroot vir grondhervorming nie. Daar is ook sedert 2008 al minder hektaar grond herverdeel.

Boonop is grond wat herverdeel is, nie op ’n volhoubare manier gebruik nie omdat daar nie genoegsame mentorskap en ondersteuning was nie.

Een van die grootste struikelblokke is die feit dat ’n groot gedeelte van die land se beleid en wetgewing rondom grondhervorming deur persepsies eerder as feite bepaal is, sê Crosby.

In die onlangse grondoudit waarby AgriSA betrokke was, het navorsing bevind sowat 3 miljoen hektaar se landbougrond het sedert 1994 verlore gegaan.

Hierdie voortdurende tendens is die gevolg van verskeie redes, wat verstedeliking en mynbou insluit.

Die oudit wys ook ’n mens kan nie net op hektaar fokus nie, maar ook landboupotensiaal van grond, veral omdat Suid-Afrika so ’n diverse landskap het.

“Hoewel ons in ’n land is met baie potensiaal, word daardie potensiaal nie noodwendig verwesenlik nie.”

Crosby meen Suid-Afrika het baie meer navorsing oor grondhervorming nodig, maar ook sekerheid oor die toekoms van hierdie onderwerp..

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.