Inwoners word eienaars ná meer as 30 jaar

2018-01-30 06:00

Niks kon die trane van vreugde keer toe inwoners na meer as 30 jaar huiseienaars geword het nie.

As deel van ’n regstelling-inisiatief het meer as 140 inwoners in wyke 79, 82 en 99 hul titelbewyse ontvang en is hulle nou die regmatige eienaars van die wonings wat voorheen aan die Stad Kaapstad behoort het.

Sheval Arendse, raadslid van wyk 82, het sy eerste 47 titelbewyse op Vrydag 29 Desember oorhandig. Verlede week het hy nog aan inwoners van wyk 99 oorhandig.

Solomon Philander, raadslid van wyk 79, het ook meer as 60 titelbewyse aan inwoners in sy gebied oorhandig.

Arendse, ook voorsitter van subraad 12, het in sy amptelike toespraak Donderdag gesê dat nog titelbewyse oorhandig moet word.

Sekere van die mense wat hul titelbewyse ontvang het, is al meer as 30 of 40 jaar op die behuisingswaglys.

Valerie Joseph, een van die inwoners, kon nie haar trane van vreugde keer nie toe Arendse verlede week onverwags haar titelbewys afgelewer het.

“Ons woon al meer as 35 jaar hier en ons wag al ’n baie lang tyd vir dit,” sê Joseph.

Dit was ook ’n emosionele oorhandiging vir Sandra Ruiters, ’n inwoner van wyk 99, Sy het die Here bedank het vir die seën om die huis na meer as 30 jaar te ontvang.

“Die oorhandiging van titelbewyse is agterstallig en dit gee my vreugde om die nuus met die nuwe huiseienaars te deel dat hulle nie meer huurders is nie, maar eienaars,” sê Philander.

“Die eiendom kan nou sekerheid vir baie gesinne verskaf. Maar families moet nou ook die verantwoordelikheid aanvaar wat dit meebring. Die raad is nie meer verantwoordelik om die eiendom te onderhou nie en dit is aan elke eienaar om hul eiendom te verseker en nie toe te laat dat die eiendom vir antisosiale aktiwiteite gebruik word nie.”

Arendse sê daar is nog omtrent 3 500 titelbewyse by prokureurs.
V Om uit te vind of jy op die behuisingswaglys is, skakel die plaaslike behuisingskantoor in Beacon Valley by 021 376 1313.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.