Koesister wou hulle nie mis

2018-05-22 06:00

Elke moeder wat haar hoë hakskoene vir tekkies ingeruil het, was op Moederdag by die Slave Run van 2018, waar die Koeksisterheuwel vir ons lê en wag het.

Ons is deur die pragtige Kompanjiestuin van Kaapstad waar eekhorinkies vir ons geloer het, en ons die orkes in die verte gehoor het. Die verkeer verwelkom ons om elke hoek.

Ek wonder of ek die heuwel gaan oorwin. Dis steil en ek pak dit met mening aan. Ek maak dit en skreeu van vreugde.

Maar dan wag dié groot heuwel. Die gelag van die ander deelnemers is skielik weg. Al wat jy hoor is die gekreun en gekners van tande soos ons die heuwel aanpak. Party kruip behoorlik teen die steilte uit en moet aan die relings vasklou om een voet voor die ander te sit. Ek help ’n vrou deur haar van agter te stoot. Ek het een keer geval, plat op my agterwêreld. Met die hulp van ’n lamppaal is ek weer op. Die heuwel gaan my nie onderkry nie, besluit ek. My koeksister wil ek hê.

Ek swoeg en sweet en my bene voel of dit nie aan my lyf behoort nie. Uiteindelik maak ek dit teen die bult uit. Yswater smaak soos manna uit die hemel.

My hardlopery het nuwe wêrelde vir my oopgemaak. Sou ek met ’n motor die roete gery het, sou ek soveel gemis het. En daardie klapperkoeksister was nog nooit so lekker nie. Die medalje en koue Coke was ook spesiaal. Wat ’n belewenis was Moederdag nie! Dankie aan die Bo-Kaap vir die wonderlike ervaring.

Charlie Both E-pos Brackenfell

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

SQL Reporter

Cape Town
Communicate Cape Town IT
R10 000.00 - R12 000.00 Per Month

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.