Leef jou droom op verhoog uit

2018-11-21 12:03
Karaoke soos 'n ster

Karaoke soos 'n ster

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Het jy nog altyd daarvan gedroom om op ’n verhoog te wees en jou hart uit te sing? Of is jy dalk die een wat die hartsnare by ’n karaoke-aand roer?

TygerBurger, in samewerking met Delush, Live with Flair-wyne (hoofborg) en die sepie Suidooster, bied jou die geleentheid om jou drome uit te leef met ’n splinternuwe karaoke-kompetisie, Karaoke soos ’n ster.

Volgens Marita Meyer, uitgewer van TygerBurger, word met dié kompetisie beoog om daardie ongeslypte diamante in die verspreidingsgebied van die koerant te ontdek. “Ek is seker iewers is iemand wat ’n gewone werk doen, maar die talent het om eintlik ’n superster te word. Met ons kompetisie wil ons ’n platform vir daardie mense skep.

In die Kaap is karaoke baie groot met duisende mense wat weekliks hul talente uitleef en dit is diegene wat ons wil nooi om deel te neem. As jy ook weet van ’n familielede wat oor die nodige talent beskik, maar nooit die geleentheid gekry het nie, raai hulle aan om in te skryf en hulle kan groot pryse wen,” sê Meyer.

Al wat voornemende deelnemers hoef te doen is om ’n selfoonvideo te maak en dit met Whats-App na TygerBurger te stuur. ’n Paneel kundiges gaan die 10 beste video’s kies en hierdie deelnemers sal op 30 Maart volgende jaar by die Bellville-burgersentrum tydens ’n galageleentheid optree. Die wenner sal pryse ter waarde van duisende rande wen en kan spog met ’n gesogte titel.

Die kompetisie is oop vir enige amateur ouer as 18 jaar oud. Niemand wat professioneel sing of ’n platekontrak het, mag deelneem nie.

Vir meer inligting oor die terme en voorwaardes en ook die WhatsApp-nommer, besoek TygerBurgerop Facebook. Deelnemers kan ook video’s op Facebook Messenger laai. 
NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.