Maak haar hart oop vir kinders

2018-11-27 06:00
Maria Solomons versorg al 25 jaar lank kinders.PHOTO:

Maria Solomons versorg al 25 jaar lank kinders.PHOTO:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Ná sy die pyn van haar seun se jong vriend gevoel het, het Maria Solomons haar deure en hart oopgemaak om gebroke kinders te help genees.

En nou, ná 25 jaar, het sy al talle kinders grootgemaak wat haar huis as goeie burgers verlaat het.

Solomons bestuur Solomon’s Haven, ’n veilige huis vir kinders wat om veiligheidsredes by hul gesinne verwyder word. Sommige van hulle word mishandel en ander het ’n plek nodig om te bly.

Die kinders word deur maatskaplike werkers daar geplaas.

Soms bring die polisie ook jong kinders wat van bendebedrywighede wil wegkom.

“Ek is nou 25 jaar besig om te werk met kinders wat fisiek en seksueel misbruik is. Ons werk met kinders van alle ouderdomme, en vir my is dit ’n plesier om ’n ‘ma’ vir hulle te wees. As hulle by my kom, is hulle stukkend en seer. Soms is dit so erg dat ek amper nie vir die kinders kans sien nie,” sê Solomons.

“Soms is die kinders bang om te praat in die hof, want die oortreder sit ook daar. Sommige sake wen ons en sommige verloor ons. Ek vra baie vir my helpers om my bietjie af te los sodat ek die pyn van myself af kan wegvat.”

Sy is trots op die werk wat sy tot nou toe vir die talle kinders gedoen het en die sorg wat sy vir hulle kon gee.

“Ons het maatskaplike werkers, onderwysers, ketelmakers, sakevroue en langafstand-vragmotorbestuurders.

“Ons het ook kinders wat in Holland au pair – almal uit hierdie huis,” sê Solomons.

“Hierdie projek kring uit en die mooiste van als is dat ek nie kan ophou omgee vir die kinders nie.”

Sy is nie net ’n ma vir die 20 kinders in haar huis nie, maar het onlangs ook haar deure oopgemaak vir kinders in die gemeenskap vir wie sy voor skool ’n bord kos gee.

“Ek het soveel hulp met hierdie projek no-dig. Ek staan om 04:00 op om die dag te begin en kry die kinders gereed vir skool. Dan het ek ook ’n naskoolse projek wat ek bestuur,” sê Solomons.

Een van die kinders wat Solomons grootgemaak het, is nou ’n 19-jarige vrou wat haar by die huis help.

“Toe ek hier aankom, was ek verward. Ek het nie geweet wat dit was om ’n kind te wees of wat liefde was nie. Ek het oor Mitchells Plein heen rondgetrek. Hierdie keer het dit anders gevoel. Ons was meer as 30 kinders en ek het gewonder hoe ons almal liefde en aandag sal kry. Maar Ma het haar tyd, liefde en aandag vir ons almal gegee. Ek kon enige tyd van die dag kom en sy het tyd vir my gehad,” sê sy.

“Ek was gebroke en ongelukkig en sy was alles wat ek nodig gehad het. Sy was my te-rapeut en sy het my gevorm. Ek het teruggegaan na my eie ma, maar ek het nie gekry wat ek van haar nodig het nie. Dit was nie dieselfde nie. Ek het toe teruggekom na Ma en sy het haar arms vir my oopgemaak. Nou is ek klaar met skool en sien ek daarna uit om volgende jaar te studeer.”

Die jong vrou se identiteit word weens veiligheidsredes weerhou.

Die impak wat Solomons op die lewens van kinders gemaak het, is duidelik en dit het twee en ’n half dekades gelede begin met die besoek van ’n jong seun wat haar lewe heeltemal verander het.

“My seun het ’n vriend huis toe gebring en terwyl hulle hier was, het hy my gevra of die seun hier kon slaap. Ek het gesien hoe die rustig die seun slaap. Die volgende dag het hy die kind huis toe geneem. Toe hy te-rugkom, hy het vir my gesê hulle het ’n groot huis, maar hulle het niks, nie eers ’n bed om op te slaap nie,” sê Solomons.

“Ek het my seun gevra om sy vriend se ma een Sondag oor te nooi vir middagete. Daardie dag het ons gesit en gepraat oor ons kinders en dinge in die algemeen. Terwyl ons praat, het sy besef dat ek iemand is wat sy kon vertrou. Toe maak sy oop. Dié dinge wat sy my vertel het, het my baie seer gemaak. Ek het haar twee kinders dopgehou en vir hulle gevoel. Ek het toe vir haar gesê om elke dag na my toe te kom.”

Mens kan sien dat Solomons steeds deur daardie episode geraak is.

“Ek wou hulle net troos. Toe hulle hier was, het hulle verduidelik wat hul pa aan hulle gedoen het. Die een het dan aan die ander gesê dat hulle nie daaroor moet praat nie, omdat hulle pa ’n vuurwapen gehad het en hy hulle sou skiet. Hul ma het gesê sy kan dit nie meer vat nie en ons het Safeline gebel. Hulle het die saak oorgeneem en die kinders gehelp,” sê Solomons.

Dit is dié voorval wat haar bygebly het en haar gemotiveer het om kinders te help om hul lewens te herbou.

“Die ma was bang om uit te praat omdat die pa haar gedreig het. Die saak het vir ’n jaar voortgeduur en ek het besluit om uit te praat. Dit was toe ek begin praat het, dat ek hierdie passie vir kinders ontwikkel het,” sê Solomons. “Vir my is daar soveel pyn en as jy na die kinders kyk en met hulle praat, is hulle verward. As ek met ’n kind praat, daal ek na sy vlak om meer oor hom uit te vind. Wanneer hulle oopmaak teenoor my, voel ek hulle pyn. Hierdie gevalle is baie sleg. Ek wil nie daaroor praat nie. Ek nooi selfs die kinders in die gemeenskap om hier te kom speel.

“Hier word hulle veilig gehou. Ek voed hulle en dan gebruik ek daardie tyd om vir hulle liefde en aandag te gee. Soms is al wat hulle nodig het, ’n moederfiguur en respek.”

Haar man, Alec, doen ook los werkies, net om genoeg geld saam te skraap om melk en babaprodukte te koop vir die maand.

Omdat hulle ’n nie-winsgewende organi-sasie is, het hulle hulp nodig van die gemeenskap­.

Hul behoeftes sluit in vrywilligers, melk en babaprodukte, bederfbare en nie-bederfbare kosse, toiletware, geld en skryfbehoef-tes. Klere sal ook welkom wees.

As jy wil help of ’n donasie maak, bel Solomons by 021 372 1293 of 083 485 7921.


NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.