Mure vol kunswerke

2018-06-05 06:00
Afrikaans.com het verlede week muurkunswerke by Die Hoërskool Lavender Hill onthul. (Awaiting hi-res pic)

Afrikaans.com het verlede week muurkunswerke by Die Hoërskool Lavender Hill onthul. (Awaiting hi-res pic)

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die mure van die Hoërskool Lavender Hill het verlede week gepronk met nuwe helder kleure met die onthulling van Afrikaans.com se muurkunsprojek by dié skool.

Denver Breda, skrywer, digter and Khoetaal-aktivis van Lavender Hill, het by die ge-leentheid gesê Afrikaans is vir hom ’n toe-vlug, ’n plek waarin hy homself kan uitleef, hy sy sê kan sê, en waarin hy nuwe skeppings kan maak.

“Die mense wat dit praat, hoe os it praat en dit os plek gee om osself te wies… maak Afrikaans vir my onmisbaar,” sê Breda.

Breda het met sy debuutvertoning van “Rokkie” by die onlangse Suidoosterfees sy gehoor se verwagtinge oortref. Dit is ’n aan-grypende storie en vir baie die eerste blik op die lewe van ’n transgender se oorlewingstryd op die Kaapse Vlakte.

Hy wil veral jongmense laat besef hoe waardevol hulle is. Die muur skep trots en moedig jongmense aan om groot te droom.

Volgens René Arendse, gemeenskapskoördineerder van Afrikaans.com, herinner die muurprojek leerders, onderwysers en die gemeenskap om hul identiteit, die uniekheid van hul kultuur, hul skool, gemeenskap en Afrikaans as hul moedertaal, te waar-deer.

Verlede jaar het Afrikaans.com ’n baie suksesvolle muurkunsprojek by ander skole in die Wes-Kaap van stapel gestuur en altesaam 10 mure is uiteindelik met hierdie besondere kunswerke versier.

Hoërskoolleerders word aangemoedig om vanjaar weer aan die droomgroot-kompetisie deel te neem.

“Met die muurprojek skep ons ’n bewust-heid en word leerders aangemoedig om Afrikaans te geniet en te gebruik. Vanjaar se muurkuns bestaan uit helder beelde en woorde waarmee hoërskoolleerders hulself kan vereenselwig. Die vlerke maak weer deel uit van die kunswerk. Hierdeur wil ons leerders aanmoedig om groot te droom en hulle te laat besef niks is onmoontlik as jy jou daarop toespits en hard werk nie,” voeg Arendse by.

Die Afrikaans is #onmisbaar-tema maak ook deel uit van die muur en daardeur is leerders aangemoedig te dink aan die waarde van hul taal – dit wat vir hulle spesiaal is van hul taal, want uiteindelik is dit ’n mens se taal wat hul identiteit vorm en wie hy is.

Die mure word oor twee dae geverf, waarna die voltooide muur met ’n spesiale program onthul word. Leerders word aange-moedig om aan die program deel te neem en die program is telkens daarop gerig om te inspireer en leerders daaraan te herinner dat elkeen van hulle sukses kan behaal – solank hulle in hulself glo en hard werk.

“Ons splinternuwe muur bevorder kreatiwiteit ... en spelling! Die kreatiwiteit spoel deur na die hele gemeenskap. Ons hele area word hierdeur verfraai,” sê Veronique Africa van die Hoërskool Groenberg.

“Die Afrikaans.com-muur bring ’n gevoel van eenheid, hoop en motiveer ons om ons omgewing mooi te hou en beklemtoon die een saambindende faktor: ons taal,” sê Betsie Ryke, bestuurshoof van Rural Arts Network (RAN).

V Vir meer oor die muurprojek, stuur ‘n e-pos aan René Arendse, projekkoördineerder, na rene@afrikaans.com. Vir navrae oor Afrikaans.com, stuur ‘n e-pos aan Ingrid Erlank, redakteur van Afrikaans.com, na ingrid@afrikaans.com.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.