Nuwe voorsitter vir subforum

2018-07-24 06:00
Adam van Wyk is verkies as voorsitter van die Beacon Valley-GPF-subforum. FOTO: Samantha Lee

Adam van Wyk is verkies as voorsitter van die Beacon Valley-GPF-subforum. FOTO: Samantha Lee

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die Beacon Valley-gemeenskapspolisië-ringsforum (GPF) se subforum het nou ’n nuwe leier.

Adam van Wyk is verkies as voorsitter van die Beacon Valley GPF-subforum by ’n vergadering, wat verlede Donderdag by die Shekinah Full Gospelkerk gehou is.

Hy is onbestrede in die pos aangestel.

Daar was ses organisasies wat aansoek gedoen het om deel van die forum te word en met vyf van hulle verteenwoordig, is die verkiesing gehou.

Die verkiesing van ’n voorsitter moes reeds einde verlede maand plaasgevind het, maar weens ’n gebrek aan ’n kworum en aan lede-organisasies is die verkiesing vir 21 dae uitgestel om organisasies in staat te stel om by die forum te registreer.

Abie Isaacs, voorsitter van die Mitchells Plain-GPF, het by die vergadering gesê die gemeenskap is by die vorige vergadering ingelig en het ingestem dat die verkiesing na 21 dae uitgestel word.

Die plaaslike GPF-leierskap was teenwoordig om te verseker dat die grondwet en korrekte prosedures gehandhaaf word.

Isaacs het Van Wyk verwelkom en het belowe om voort te gaan om hom en die res van die forum te ondersteun.

“Dit is ’n uitdagende taak wat jy aanvaar het, maar ons gaan julle ondersteun,” sê Isaacs.

Van Wyk was altyd deel van die forum, maar was nie tevore nie as deel van die uitvoerende hoof verkies nie. Die res van die uitvoerende gesag sal in hul ampte bly.

Die voorsitter pos het vakant geraak na-dat die vorige voorsitter vroeër vanjaar bedank het.

“’n Lighaam kan nie sonder ’n kop lewe nie en nou het die forum ’n kop, en ek is bly. Ek kyk uit om saam met julle te werk,” het kapt. Tervor Katzen, sektorbevelvoerder, gesê.

Van Wyk het die gemeenskap gedank vir hul vertroue in hom.

“Van nou af sal ek nie van myself praat nie; ek praat van ons.

“Daar is baie geweld in Beacon Valley. Een man kan dit nie alleen oplos nie. Ons almal moet saamwerk.

“Ek vra ook dat as ons saamkom, dat julle nie net met probleme kom nie, maar ook met werkbare oplossings,” het Van Wyk gesê.

Hulle hou eersdaags hul eerste vergadering.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.