Passie vir veiligheid

2018-02-13 06:01
FOTO: Samantha Lee

FOTO: Samantha Lee

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Sy is oud maar nog nie koud nie en hierdie tannie loop nou nog daag-liks deur die strate in ’n poging om dit veilig te hou.

Wilhelmiena Minnaar het onlangs haar 77ste verjaardag gevier en sê alhoewel haar knieë nie toelaat dat sy meer baie aktief is nie, is sy ver van in ’n stoel sit en niks doen nie.

“Hulle se vir my, ‘ma, jy moet gaan lê, wat soek ma op die straat’. Maar ek sal nog my deel doen. Ons woon hier en ons moet dit oppas en iets doen. Ons kan nie net op die polisie staat maak nie. Hulle het baie ander dinge om te doen,” sê sy. “Die polisie kan dit nie aleen doen nie.”

Sy is alom bekend as Antie Miena en is deel van ’n groep vroue wat elke dag die strate patrolleer in die vroeë oggendure om seker te maak haar bure kom veilig by hul bushaltes, werksplekke en skole aan.

Sy was ook deel van ’n feesseisoen-veiligheidsprojek en sit gereeld in die Town Centre.

“Mense sê wanneer ons daar is, kan hulle ontspan en inkopies doen. As hulle vir ons sien, dan loop die skollies verby. Hulle pla niemand nie,” sy sê.

Sy sê sy is nie bang om op straat te loop nie want sy glo dit is haar plig.

“Toe ek hier kom woon het, het ek gesien hoe erg die misdaad geword het. Daar was nie so veel dwelms nie, maar daar was baie bendebedrywighede en rooftogte. Ek het toe besluit ek wil deel van die oplossing wees en ek het aangesluit by Fight Against Crime,” sy sê.

Sy praat ook teen stok-kiesdraai en veg om kinders terug skool toe te kry.

“As ek kinders sien op die straat dan praat ek met hulle. Sommige van hulle is ombeskof maar ek praat nog steeds,” sê Minnaar.

Ter wille van haar kinders wie bekommerd is oor haar, het sy probeer om by ‘n seniorklub aan te sluit, maar dit het nie lank gehou nie.

"Ek het vir ’n kort rukkie kuns en kunsvlyt by die klub gedoen, maar dit was nie vir my nie. Ek het ’n passie vir veiligheid en ek wil nog op die straat wees,” sê sy.  

“Ek kan nie meer so lekker loop nie, maar solank as wat die Here my krag gee, sal ek na ander kyk. Dit is my passie.”

Minnaar sê sy is nie bang nie en moedig ander mense aan om ook aan te sluit by die buurtwag.

“Ons is net drie vroumense wat in die oggende stap. Ek sê nie almal moet ook op die straat wees nie, maar hulle kan ook net kyk na hulle straat en bel as daar iets gebeur. Daar is baie wat mense kan doen,” sê sy.

“Ek kan nie meer loop nie, so ek kan nie meer klopjagte of patrollies doen nie, maar ek maak steeds seker my straat is veilig en laat nie toe dat mense voor die ingang van my hek sit nie of op die boks sit nie.”

In haar dekades van veiligheid-vrywilligerswerk het sy al baie dinge gesien en doen en sy sê sy sal aanhou solank die Here haar spaar.

Sy wil graag die feesseisoen-veiligheidsprojek vrywilligers en polisiebeampters bedank vir alles wat hulle vir haar gedoen het op haar verjaardag.
“Ek wil net dankie sê vir die verjaardagpartytjie wat vir my gereël was. Ek waardeur dit baie.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.