‘Rugby het my lewe verander’

2018-06-27 11:51
Jonathan Mokuena van die Royal XV (regs) word geduik deur Shane Williams in die eerste wedstryd van die 2009 Britse en Ierse Leeus in Rustenburg. Hy is ook as die speler van die wedstryd aangewys. FOTO: HERMAN VERWEY FOTO24

Jonathan Mokuena van die Royal XV (regs) word geduik deur Shane Williams in die eerste wedstryd van die 2009 Britse en Ierse Leeus in Rustenburg. Hy is ook as die speler van die wedstryd aangewys. FOTO: HERMAN VERWEY FOTO24

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Vir my as ’n kind van die Kaapse Vlakte wat nie regtig van beter geweet het as gangsterism en drugs nie, was rugby my uitkomkans en ook ’n kans om my familie en vriende se lewens te verander.

Dít is hoe Jonathan Mokuena, afrigter van die Noordwes-universiteit se Varsitybekerspan, sy lewe in Lavender Hill beskryf.

“Jy moet onthou dat bendes en bendegeweld vir baie van die jong seuns in Lavender Hill ’n wanindruk van belong gee. Al wat hulle moet onthou is dat hulle ses voet ses onder die grond gaan beland met hul bendebedrywighede. Ons almal gaan eendag sterf, maar hoe wil jy onthou word, is die vraag,” het Jonathan gesê.

“My eerste kans wat ek gekry het om die WP-trui aan te trek, was toe ek die WP se o.17-Akademiespan in 1998 na Welkom gehaal het. Dit was ook die jaar dat ek gematrikuleer het. Ek het nie deur al die WP se strukture gevorder nie, was wel deel van die Curriebekergroep, maar het nie speelkans gekry nie. Ek is toe sak en pak na die Luiperds en het van 2003 tot 2006 daar gespeel, voordat ek van 2007 tot 2008 na die Cheetahs geskuif het. In 2009 het ek vir Griekwas uitgedraf en van 2010 tot 2011 vir die Leeus,” het hy gesê.

In 2005 is hy deur Paul Treu na ’n oefenkamp van die Blitsbokke genooi en het onmiddellik die span gehaal. Hy was by die Blitsies tot die einde van die 2008/2009 seisoen.

“Hoewel ek in albei kodes (7’s en 15’s) gespeel het, het ek nie ’n voorkeur nie. Maar wanneer ek van sewes teruggekeer het na die vyftiens, was ek baie fikser en my werkverrigting was ook baie hoër,” het hy gesê.

Nadat hy sy stewels opgehang het, het hy ’n aanbod ontvang om in Italië te gaan speel.

“Ek het op daardie tydstip genoeg van rugby gehad en het toe spanbestuurder geword van die Junior Springbokke in 2012, waar ons op tuisbodem as wêreldkampioene gekroon is. Ek was nog steeds onseker oor wat die pad vorentoe en toe ek ’n werksaanbod as mediese verkoopsman ontvang, het ek dit gevat en drie jaar vir Biomet gewerk. Ek het ook nog gereeld by skole afgerig.

“My liefde vir rugby was nie heeltemal dood soos ek gedink het nie en toe ek hoor dat Robert du Preez, Pukke se afrigter, op pad was na die Sharks, het ek besluit om my CV in te gooi en die res is geskiedenis,” skerts hy.

Hy het verskeie hoogte- en laagtepunte in sy rugbyloopbaan as speler en afrigter beleef.

“Die hoogtepunt as speler was definitief toe ek as speler van die wedstryd teen die Britse en Ierse Leeus in 2009 aangewys is. My laagtepunt was dat ek nie die Springbok-trui in 15’s oor my kop kon trek nie. As afrigter was die hoogtepunt toe ons (Pukke) in 2016 die Varsitybeker teen Maties gewen het en die laagtepunt toe ons die afgelope twee jaar as die Luiperds die Eerste Divisie (Curriebeker) verloor het,” het Jonathan gesê.

Sy raad aan seuns in bendegeteisterde woongebiede is dat bendebedrywighede hulle in die tronk sal laat eindig, en dat hulle beter keuses moet maak.

“Hulle moet onthou sport het die vermoë om deure en drome in mens wakker te maak, drome waarvan jy nie eens geweet het bestaan nie,” het hy gesê.

Baie min mense weet dat Jonathan ’n kranige provinsiale tafeltennis- en vlugbalspeler was.

Jonathan is ook ’n deeltydse kommentator op Supersport en in sy speeldae het hy baie onderhoude gevoer.

Op ’n vraag hoe hy transformasie sal beskryf, was sy antwoord dat afrigters baie meer ’n kopskuif moet maak.

“Al wat hulle moet doen, is om spelers van kleur net ’n regverdige kans gee, dan sal transformasie homself uitsorteer. Dit moet egter nie net beperk word tot spelers nie, maar ook tot afrigters en administrateurs waar vroue ook betrek moet word,” het hy gesê.

NEXT ON NEWS24X

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.