Skool-revue à la Lefra

2016-08-09 06:00

Lefra Produksies het onlangs hul nasionale revue-kompetisie bekend gestel met die oog daarop om verdere lewe aan skole se revues te gee.

Volgens die produksiemaatskappy bestee laer- en hoërskole elke jaar baie aan hul revues omdat dit gewoonlik die skool se grootste bemarkingsprojek vir die jaar is.

Leerlinge repeteer vir maande lank, die revue word geskaaf, kostuums word gemaak, sang word opgeneem en choreografie word gedoen.

Die revue word dan met groot opwinding vir ’n week of wat opgevoer, en na net ’n paar dae se energie en harde werk is die revue verby.

Dié skole sal nou ’n kans kry om hul produksies by Carnival City se Big Top Arena van 5 tot 21 September op te voer.

Die kompetisie gaan op ’n uitdun-grondslag met ’n mate van ’n werklikheidsgevoel in die opvoering aangebied word.

Lefra Produksies verfilm die volle REVUE SA 2016 vir moontlike televisie-uitsending later.V Besoek www.revues.co.za, skakel 011 815 3000 of stuur ’n epos aan navrae@revues.co.za vir nog inligting of om vir die kompetisie in te skryf. Die sluitingsdatum is Vrydag 12 Augustus.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
Most Read
News In Your Area
Top Lifestyle
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.