Skoolprojek sorg vir ’n blink 2018

2018-01-16 06:00
Elke kind het ’n nuwe rugsak ontvang.

Elke kind het ’n nuwe rugsak ontvang.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

’n Groep Tafelsig-leerders begin dié skooljaar met splinternuwe skooldrag.

Dít is danksy ’n kleuterskool en ’n Stadswerker se omgee-projek.

Nadia Goliath, persoonlike assistent vir wyksraadslid Elton Jansen, en Ursula Peters, eienaar van die Mini Footsteps-kleuterskool en stigter van die Community Prayer Movement, het Vrydag en Woensdag pakkies met skoolbenodigdhede aan 51 kinders oorhandig. Die inisiatief vorm deel van hul Adopt A Child For School-projek, waar die gemeenskap die geleentheid gegee word om skool-items vir behoeftige kinders te koop.

Die items in vanjaar se geskenkpakke het ’n skoolsak, sokkies, skoene, ’n skoolbroek of -romp en ’n hemp ingesluit.

Gemeenskapslede het pakke geborg en toe die nood druk en daar nie genoeg skenkings inkom nie, het die radiostasie CCFM ook bystand verleen.

Die pakke sal Woensdag oorhandig word.

Deur dié inisiatief is daar ook ’n insiggewende praatjie vir die kinders gereël deur Childline. Dié kinderbystandsorganisasie het onder meer oor kindermishandeling gepraat en raad gegee oor wie om te kontak as die kinders in nood sou wees.

“Toe ons grootgeword het, was ons nie toegelaat om oor ons privaatdele te praat nie. Maar nou het ons nie meer ’n keuse nie. Ons moet ons kinders opvoed, want dit is die realiteit daarbuite,” sê Peters.

Goliath sê die inisiatief is dalk klein, maar dat hulle in die kinders se lewe belê. Sy hoop die inisiatief gee vir die kinders vleuels om die doktors en vlieëniers van die toekoms te word.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.