Susters maak akteurs op stel mooi

2018-07-10 06:01
Islyn Goliath-Salie en Charlene Goliath-Green, twee susters van Mitchells Plain, wat die grime- ring op die stel van Suidooster doen.

Islyn Goliath-Salie en Charlene Goliath-Green, twee susters van Mitchells Plain, wat die grime- ring op die stel van Suidooster doen.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Islyn Goliath-Salie en Charlene Goliath-Green, twee susters van Mitchells Plain, wou al van kleins af mense mooi maak en hulle is tans die grimeerkunstenaars op die stel van die sepie Suidooster op kykNET.

Islyn is ’n bekroonde Safta-wenner en het in 2016 die gesogte toekenning ontvang vir die Mzansi Magic-produksie Ingoma. Sy is al 17 jaar ’n grimeerkunstenaar en Charlene 14 jaar.

Albei was leerders by die Laerskool Eastville en die Hoërskool Beacon Hill in Mitchells Plain.

“Met my matriekafskeid het ek my gri- mering laat doen by ’n salon, maar was nie tevrede nie en het my grimering agterna self gedoen,” het sy gesê.

Albei is dit eens dat elke vrou nêrens sonder ’n lipstiffie in haar handsak moet gaan nie. Charlene het ook aanbeveel dat jy vir ’n noodgeval ook poeier moet inpak.

“Dis nie net van grimering opsit nie, jy moet weet watter grimering pas by watter velkleur/gesig. Jy kyk eerste na die ondertone van die persoon se vel en besluit dan watter onderlaag sal werk.

“Baie mense het mos hul eie opinies oor wat hulle wil dra en wat nie, en jy moet baie taktvol wees om hulle te oorreed om by jou ‘plan’ in te pas,” het Islyn gesê.

“Nie alle grimering is geskik vir televisie of film nie. Om die die persoon dus te oorreed om jou grimering te aanvaar, vertel ons net dat dit beter by die karakter pas wat in die televisie of film vertolk word,” het Charlene bygevoeg.

Hulle het al op talle kykNET-produksies gewerk.

“Ons werk met van die land se bekendste akteurs en daar is darem ook tyd om oor alledaagse dinge te praat tussen opnames deur. Dis nie net heeltyd werk nie,” het Charlene gesê.

“Natuurlik is daar tyd vir pret ook, ons is soos ’n familie by Suidooster en die akteurs se grimeerkamer is soos ’n kombuis in die huis. Baie woelig en almal praat gelyktydig,” het Islyn gesê.

Albei is getroud en moet die rol van ma en werker goed kan kombineer.

“Ons probeer om elke dag dieselfde te wees en nie ons probleme werk toe te bring nie. Die teenoorgestelde word ook tuis toegepas. Wanneer ons ontspan, kuier ons met familie en vriende of gaan kyk ’n opvoering,” het Charlene gesê.

Islyn se droom is om die grimering van Oprah Winfrey te doen – iets wat sy al sedert kinderdae wou doen en sy is ook lief vir die program.

“Sproete is mos nou weer in nadat Meghan Markle met min grimering op haar troudag met prins Harry getrou het. Mense is geneig om trends te volg, want ek kan onthou hoe almal Cindy Crawford se moesie wou hê, ongeag of dit by hulle pas of nie. Mense doen dit om in te pas by die samelewing en om nie uit te voel nie,” het Charlene gesê.

Volgens albei is daar nie ’n gemiddelde tyd om grimering aan te wend nie.

“Dit hang af watter karakter jy in die sepie of film speel. As dit ’n vrou is wat grimeer moet word, duur dit gewoonlik 45 minute en dit sluit die grimering en haarversorging ook in,” het Charlene gesê.

Dit was een van Islyn se drome om op ’n sepie hier in die Kaap te werk en sy is baie geseënd om deel van Suidooster te wees.

“Die ondersteuning van my ouers deur die jare en die rol wat hulle in my loopbaan speel, is ek baie dankbaar voor. Ook hoe hulle my grootgemaak het, maar my man se ondersteuning is nog belangriker,” het Islyn gesê.

Albei is dit eens dat die teaterwêreld nie vir sissies is nie en dat deursettingsvermoë en stiptelikheid die belangrikste is.

“Ek was in graad 11 toe ek swanger geraak het en met die hulp van my ouers is ek terug skool toe. Ek het my skoolloopbaan voltooi en verder gaan studeer. Dit was nie maklik nie, maar ek het deurgedruk. Ek wil ook net Islyn se sentimente beaam, want hul ondersteuning is van onskatbare waarde. Ek tel ook elke dag my seëninge van God,” het Charlene gesê.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

How your dog can tell what you’re feeling

Researchers have found a specific area in a dog’s brain that recognises human faces – a finding that may help to explain why dogs are so sensitive to human social cues.

 

Paws

Share your 67 minutes with animals in need this Mandela Day
Kevin Anderson’s dog is winning at Instagram!
Kim Kardashian-West buys fake testicles to boost her dog’s self-esteem
10 tips on exercising your dog
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.