‘Sy klink soos lente’ vir almal

2016-09-27 06:00
Amalia Uys as Linda  FOTO: Werner Botha / Plastiek

Amalia Uys as Linda FOTO: Werner Botha / Plastiek

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Die voormalige aktrise van 7de Laan, Amalia Uys, is vanaf Vrydag in haar eerste hoofrol op die silwerdoek in Sy klink soos Lente te sien.

Amalia, van Tamboerskloof, speel die rol van Linda in dié Afrikaanse romantiese komedie, wat regisseur Corné van Rooyen beskryf as ’n meer realistiese benadering van die genre.

Sy klink soos Lente vertel die storie van ’n werktuigkundige, Ben (gespeel deur Stiaan Smith), wat verlief raak op Linda in ’n kroeg voor hy besef dat haar pa eintlik sy baas is.

Ben dink hy’s nie goed genoeg vir Linda nie en lieg oor sy werk. Hy vertel vir haar dat hy die sanger van ’n musiekgroep is en moet vinnig ’n groep begin om sy leuen te ondersteun.

Deur die loop van die film word onverwagte vriendskappe gebou, ou passies word hernu en die idee van wat dit beteken om “goed genoeg” te wees word ondersoek.

“Linda is ’n ouditeur,” vertel Amalia van haar karakter. “Sy het sonder ’n ma groot geword en het ’n hegte verhouding met haar pa.”

Alhoewel sy vêr in haar loopbaan is, sukkel Linda om ware liefde te vind weens haar hoë standaarde.

“Sy soek ’n ware konneksie met iemand en vind dit in Ben,” verduidelik sy verder, “Maar hy jok vir haar en sy haat leuens”.

“Sy is sterk, effens eksentriek en hou nie van nonsens nie.”

Amalia het met die film se regisseurs gewerk om Linda se karakter te bou. Sy het navorsing gedoen oor syfervaardige mense en meisies wat sonder ’n ma grootword.

“Ek het ’n dagboek saamgestel vir Linda en al hierdie dinge het deel uitgemaak van Linda se ‘spine’.”

Maar toe sy eers op die stel van die fliek was het sy dit als eenkant toe geskuif om eerder haar instink te volg.

Nou dat sy klaar is met Sy klink na Lente, toer Amalia met die produksie Die vrou uit die See, ’n teaterstuk onder regie van Henry Mylne.

Haar volgende grootskermpoging sal volgende jaar in Maart te sien wees waaneer die film Jagveld wat sy saam met Deon Meyer en Karoo Films vervaardig het, bekend gestel sal word.

Vir nou kan aanhangers haar vanaf Vrydag by Ster-Kinekor in Sy klink soos Lente sien.

Amalia sê die fliek is vir “tieners en volwassenes, mense met en sonder kinders en selfs vir ouer mense” gemaak.

“Dit spreek tot die mens in sy oorspronklike eerlike vorm – wie is jy en wat wil jy bereik en? Is jy gelukkig met wat jy in die lewe bereik het?”V Vir meer inligting oor die fliek, besoek hul Facebook-blad by www.facebook.com/SyKlinkSoosLente.


Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.