Toename in skietvoorvalle

2018-07-24 06:00

“Sosiale media sal ons ondergang beteken.”

Dit is die waarskuwing van die plaaslike wyksraadslid, Solomon Philander, in reaksie op boodskappe wat op Facebook gedeel is oor onlangse opwinding in bendegeweld in Beacon Valley.

Vanaf Vrydag 13 Julie was daar ’n toename in skietvoorvalle in die omgewing, het amptenare tydens ’n onlangse vergadering bevestig.

Ses mense is reeds vermoor of beseer in skietvoorvalle in die gebied in wat as ’n bendeoorlog beskou word.

“Hulle wil nie met die polisie saamwerk nie. Hulle blameer die polisie vir die dood van een van hul eie,” sê kapt. Trevor Katzen, sektor bevelvoerder.

“Hulle is kwaad vir die polisie, want ons het beslag gelê op ’n groot getal vuurwapens in die omgewing. Maar daar is nog baie. Beacon Valley is vervuil met vuurwapens.”

Abie Isaacs, Mitchells Plain-gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se voorsitter, het inwoners aangemoedig om vorendag te kom met inligting. Hy het hulle ook aangemoedig om toe te laat dat die polisie sy werk doen.

“Die polisie het gereageer op ’n klagte en dan het inwoners die polisie aangemeld,” sê Isaacs.

Hy het verwys na ’n skietvoorval waarin ’n man verlede week deur die polisie in Beacon Valley geskiet is.

Daar word beweer dat die man ’n gaspistool op die polisie gerig het toe hy geskiet is.

Die gemeenskap het toe die polisie aangemeld en beweer die man was onskuldig. Die voorval word ondersoek.

Isaacs beweer dat die probleem net opgelos sal word as die gemeenskap saamstaan.

“Ja, daar was vuurwapens wat by Mitchells Plain-polisiekantoor vermis is, maar dit het nie ver-dwyn nie, Dit is gesteel by een van ons eie mense,” sê Isaacs.

“Die polisie het die gemeenskap nodig. Die poliesie het een doel en dit is om misdaad hok te slaan.

“Ons kan nie oral wees nie. Ons moet mekaar kan vertrou. Ek moet julle kan vertrou en julle moet my kan vertrou. Sonder dit kan ons nie wen nie. Beacon Valley was vir lank stil en ons kan dit weer stil kry,” sê Katzen.

“As julle nie die polisie vertrou nie, stuur die inligting aan ons. As jy ons nie vertrou nie, stuur die inligting na u pastoor, maar stuur die inligting,” sê Isaacs.

Philander het ook gevra dat die gemeenskap saamwerk en saamstaan.

Hy het gevra dat mense nie boodskappe op sosiale media versprei wat nie waar is nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.