Twee gesinne verloor als in brand

2019-12-10 06:00
Danksy materiaal geskenk deur die Stad Kaapstad is die gesinne besig om hul huise te herbou.

Danksy materiaal geskenk deur die Stad Kaapstad is die gesinne besig om hul huise te herbou.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Binne minder as ’n uur is al hul besittings vernietig en nou moet twee gesinne in Tafelsig van voor af begin.

Dit is as gevolg van ’n brand wat twee naasliggende wendyhuise vernietig het. Die brand het Donderdag 28 November om 09:30 uitgebreek.

Dit het by een van die Suurbergstraathuise ontstaan ??en wendyhuise by Suurbergstraat 2 en 4 vernietig.

Die hitte van die brand het die ander twee wendyhuise op die twee eiendomme beska­dig en vensters van die hoofhuise het gebars.

Dit is nie duidelik wat die oorsaak van die brand is nie.

Edwina Carelse en haar man bly reeds twaalf jaar in een van die wendyhuise.

In haar gesin alleen word sewe mense­weens die brand g­eraak.

“Ek weet nie hoe of waar dit begin het nie,” sê Carelse.

“Ons was by die huis, maar ons was in die hoofhuis toe dit gebeur het. Ons het iets ge­ruik en toe ek uitkom, was die vuur al by my kas.”

Carelse se gesin het alles verloor en word nou deur ’n somber Kersfees in die gesig ge­staar.

Sy is 29, haar man 32, haar dogter is 7 en haar seuns is 12, 3, 1 en nege maande.

Volgens Kasifa Lewis het hulle ’n noue ontkoming gehad in die naburige huishou­ding.

Haar wendyhuis is langs haar broer s’n gebou. Haar broer het ook al sy besittings in die brand verloor.

Lewis sê sy en haar kinders was in haar huis toe hulle die brand ruik.

“Ons het gesit en toe my man sê iets brand, toe gaan kyk hy, toe het die huise klaar gebrand,” sê sy.

Haar man het toe al die kinders uitgehaal en in die hoofhuis gesit.

“Ons het water gegooi om die brand te blus, maar dit was te laat,” sê Lewis.

“My huis is beskadig. Daar was ’n gat in die muur, maar hulle kon dit regmaak.”

Die twee gesinne het reeds begin herbou, danksy materiaal wat deur die Stad Kaapstad geborg is. Haar broer, Sharief, was nie tuis to People’s Post die eiendomme besoek het nie. Hy en sy meisie het ’n vyfjarige seun.

V As iemand iets aan die twee gesinne wil skenk, kan hul Carelse by 078 505 3893 of Lewis by 061 471 3716 bel.

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.