Vissers gevra: ‘Wat heet jóú wurm?’

2017-10-24 06:01
Marienewurms en visaas: dr. Carol Simon, ’n marienebioloog van die Universiteit Stellenbosch, is lid van ’n span navorsers wat wil weet wat die aanvraag na borselwurms is as visvangaas langs die SA kuslyn. Hier is sy afgeneem met ’n gunsteling onder vissermanne – ’n ekstra lang bloedwurm.

Marienewurms en visaas: dr. Carol Simon, ’n marienebioloog van die Universiteit Stellenbosch, is lid van ’n span navorsers wat wil weet wat die aanvraag na borselwurms is as visvangaas langs die SA kuslyn. Hier is sy afgeneem met ’n gunsteling onder vissermanne – ’n ekstra lang bloedwurm.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

ie Universiteit Stellenbosch (US) en vennote is besig met ’n studie oor die wurms wat deur plaaslike visvanggeesdriftiges gebruik word ten einde ’n taksonomiese sleutel en veldgids saam te stel.

Bloedwurms, wonderwurms, gruiswurms, maanskynwurms of poedingwurms – watter een van hierdie klomp gebruik vissermanne die meeste vir visaas en hoe kry hulle dit in die hande?

Dít is een van die vrae op ’n kortlys wat aan vissers versprei word deur die US en sy vennote, wat navorsers van Sanparke se Tuinroete Nasionale Park en die Knysnakom-projek insluit.

Dr. Carol Simon, ’n marienebioloog aan die US, sê die doel van hierdie vraelys is om ’n beter idee te kry van hoe groot die aanvraag na borselwurms is wat as aas gebruik word langs die Suid-Afrikaanse kuslyn.

Terselfdertyd hoop hulle ook om konsensus te bereik oor die algemene name wat in Suid-Afrika gebruik word om hierdie aasspesies te benoem.

“Ons navorsing toon dat algemene name waarmee na aasspesies verwys word, dikwels nie konsekwent gebruik word in veldgidse en inligtingsbrosjures en -pamflette nie en soms selfs nie eens in die wetenskaplike vaklektuur nie,” verduidelik sy.

Sy noem dat een so ’n algemene naam byvoorbeeld verwys na ’n groep soortgelyke wurms, óf na verskillende spesies; óf ’n wurm kan meer as een algemene naam hê.

Simon meen dié benaming kortwiek die doeltreffende bestuur van ’n belangrike hulpbron.

“Ons het foto’s van wurms wat gereeld bymekaargemaak word vir aas in die vraelys opgeneem en vra dan vir vissermanne om die algemeen bekende name daarvan vir ons te gee.

“Gegrond op hierdie inligting sal ons dan ’n lys saamstel volgens die algemene gebruik van die name.”

Die eindproduk sal ’n taksonomiese sleutel wees tot die visvangwurms van Suid-Afrika, met ’n bykomende identifikasie-veldgids vir vissermanne.

Simon sê hierdie werk is belangrik aangesien marienewurms belangrike ekologiese funksies vervul ten opsigte van riviermondings en sandstrande, maar is ook uiters belangrike hulpbronne vir bestaans-, sowel as stokperdjievissers.

Voorafgaande data dui daarop dat sommige spesies wat in Suid-Afrika gebruik word, ook wêreldwyd wyd verspreid voorkom.

“Ons moet regtig uitvind wat alles daarbuite is indien ons ’n ware idee wil kry van ons biodiversiteit. Met nuwe en opwindende diagnostiese tegnieke wat ontwikkel word, is taksonomie deesdae vergelykbaar met speurwerk of forensiese wetenskap.

“Ons wil weet waar hierdie spesies vandaan kom, hoe dit daar gekom het en of dit verwant aan ander spesies is,” sê sy.

Hierdie projek word gefinansier deur die Nasionale Navorsingstigting. Belangstellende vissers wat die vraelys wil invul, kan dit bekom by http://bit.ly/2yIadu7.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.