24 September: Werklik Erfenisdag of net ‘n verskoning om amptelik te braai?

2018-09-27 06:00
Het Jan Braai die oorspronklike idee van Erfenisdag gekaap? Of bevorder hy nie dalk wel ‘n belangrike deel van ons erfenis nie?FOTO: VERSKAF

Het Jan Braai die oorspronklike idee van Erfenisdag gekaap? Of bevorder hy nie dalk wel ‘n belangrike deel van ons erfenis nie?FOTO: VERSKAF

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories


AANSTAANDE Maandag is weer Erfenisdag, die dag waarop Suid-Afrikaners veronderstel is om hul onderskeie erfenisse en kulture te gedenk, en om ‘n beter onderlinge verstandhouding tussen ons verskillende bevolkingsgroepe te bevorder. Daar word algemeen aanvaar dat ‘n land se ‘erfenis’ enersyds bestaan uit ‘n natuurlike erfenis ( soos omgewing en natuurlike hulpbronne), en andersyds uit ‘n kultuur-erfenis ( daardie dinge wat bydra tot ‘n identiteitsbesef by ‘n spesifieke groep of gemeenskap van mense). Die potensiële problematiek hier is dat ‘n deel van een groep se erfenis inbreuk kan maak op die waardigheid van ‘n ander groep, iets wat in ‘n land soos Suid-Afrika soms wel gebeur.

‘Erfenis’, ‘identiteit’ en ‘kultuur’ is woorde wat in ons land maklik verwarring kan veroorsaak of misbruik kan word. ‘Kultuur’ word tradisioneel gebruik om onder meer die lewenswyse, godsdienstige en sosiale gebruike, waardestelsels, gewoontes, kleredrag, simbole en kodes te beskryf of definieer. Buitelandse besoekers wil dikwels inligting hê oor ‘Afrika-kultuur’, iets wat nie as ‘n entiteit bestaan nie, vra maar vir mense soos die Zoeloes, Xhosas, Pedis, Berbers, Masai, Berbers en Arabiere. Hulle woon toevallig op dieselfde vasteland genaamd Afrika, maar hul kulture verskil soms hemelsbreed.

Erfenisdag in Suid-Afrika is aanvanklik deur die IVP voorgestel as ‘n dag om die Zoeloekoning Shaka se nagedagtenis te eer, maar die vrees dat die klem op net een ‘stam’ sou val , is daar post 1994 deur die owerheid besluit om die dag Erfenisdag te noem, sodat alle Suid-Afrikaners hulle helde, geskiedenis en kulture kan eer. Ongelukkig het dit in iets anders verander. Die realiteit is dat blanke Suid-Afrikaners, en ‘n aansienlike aantal mense uit die ander bevolkingsgroepe, die dag nou ken as Nasionale Braaidag. In die swart gemeenskappe word Erfenisdag op plekke gevier soos dit bedoel is, ongelukkig soms met ‘n goeie dosis partypolitiek, en dit is opmerklik hoe min blankes, Kleurlinge en Indiërs saamtrekke bywoon wat multi-kultureel is, of selfs hul eie onderskeie erfenisse op 24 September herdenk.

‘n Slim sakeman Jan Scannell het meer as ‘n dekade gelede ‘n geleentheid so groot soos ‘n waenhuisdeur gesien, en 24 September begin bevorder as ‘Nasionale Braaidag’ sodat Suid-Afrikaners bymekaar kon kom om hierdie tradisionele erfenisgewoonte te bevorder. Verskeie prominente Suid-Afrikaners, onder wie emeritus-biskop Desmond Tutu, het hom gesteun, en die dag het vinnig uiters gewild geword. Ek glo Scannell, nou bekend as Jan Braai, dat sy aanvanklike idee was om Suid-Afrika se ‘braai-erfenis’ te gebruik om mense en gemeenskappe nader aan mekaar te bring. Die proses het egter ‘n effens ander paadjie geloop, steeds met die doel om mense nader aan mekaar te bring, maar met die klem alhoe meer op die ‘braai’.

Vandag is die naam ‘Nasionale Braaidag’ baie meer prominent as ‘Erfenisdag’. Winkelgroepe en ander besighede borg Braaidag-geleenthede, om ooglopende redes. Jan Braai het Nasionale Braaidag sy eie gemaak, hy reis die land vol, en selfs oorsee, met ‘n televisiespan om gereelde (geborgde) programme te maak. Hierdie programme is uiters kykbaar en gewild, grootliks te danke aan Scannell se natuurlike aanbiedingstalent en aanvoeling vir ‘n goeie sakemodel. Hiermee wil die uwe hom nie kritiseer nie. Inteendeel. Hy het ‘n gaping gesien en is daardeur soos ‘n Danie Gerber van ouds. Die harde werklikheid is dat die meeste blankes die dag basies as ‘n braaidag geniet, en min aandag aan hul eie erfenis, laat staan nog diè van ander bevolkingsgroepe gee. Die uwe inkluis.

‘n Swart rubriekskrywer het ‘n jaar of twee gelede op hierdie realiteit gewys. Sy indruk van braaidag is dat Braaidag soos Kersfees, Valentynsdag en Paasfees gekommersialiseer is, en dat die ‘erfenis’ inderwaarheid is van blanke mans wat by ‘n vuur staan, bier drink en vleis braai, terwyl die vroue in die kombuis ‘pienk drankies’ drink en slaai maak. Daarenteen, sê die skrywer, is dit nie die braai-erfenis waarmee swart Suid-Afrikaners grootgeword het nie. Talle van hulle het gesien hoe hul moeders, tantes en oumas brandhout vergader vir ‘n oop vuur waarop hulle dan gekook en die gesinne, ook die mans, wat self nie skaam was vir bier nie, daarna gevoed het. Die skrywer het hierdie voorbeeld gebruik om aan te toon dat Nasionale Braaidag iewers die oorspronklike doelstelling gemis het. Of het die skrywer dalk iets gemis omdat dit juis die verskillende erfenisse beklemtoon?

Ewenwel, Nasionale Braaidag is nou ‘n instelling, maar laat ons nie vergeet dat dit erg gekommersialiseer is nie, en dat baie mense baie geld daaruit maak. Onder meer Jan Braai self. Ek gun hom dit, want op ‘n manier bevorder hy tog ‘n erfenis. Solank ons nie vergeet wat die oorspronklike idee met die vakansiedag was nie.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.