Persoonlikheidsprofiel van Doug Rawlins

2015-09-24 06:00
Doug Rawlins.
Foto: johan pretorius

Doug Rawlins. Foto: johan pretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DOUG Rawlins is een van die bekendste openbare figure aan die Suidkus van KwaZulu-Natal, en in die besonder Port Shepstone, sy geboortedorp. Hy is bekend as die DA se koukusleier in die Hibiskuskus-munisipaliteit, en destydse oud-onder-burgemeester.

Sy setlaar-voorvader was Robert Rawlins, ‘n leke-predikant wat op 31-jarige ouderdom dood is in skermutseling aan die Oosgrens. Die sterwende Robert het ‘Rock of Ages’ gesing, en tot vandag is hierdie lied deel van begrafnisse van die Rawlins-familie wanneer `n Rawlins-man sterf. Robert se nageslag het uiteindelik in die Port Shepstone-omgewing beland, waar Doug se pa sy ma, ‘n nooi Fritz van Hermanus, ontmoet het. Ongelukkig, kort na die huwelik en voor Doug se geboorte, is sy pa oorlede. Hierna is sy ma, wat vandag nog in Port Shepstone woonagtig is, getroud met nog ‘n bekende in Sheppie, mnr. Koos Groenewald, wat Doug en sy ouer broer , Vincent toe as sy eie seuns grootgemaak het. Doug is reeds 33 jaar getroud met Susan, voorheen Falconer, en hulle het drie kinders - Hayley-Anne (31) wat met haar gesin in Londen bly, George (26), ‘n hoogsgekwalifiseerde IT-spesialis wat op kontrak in Stockholm werk, en die 25-jarige Victoria wat in Johannesburg woon. Susan is ‘n Engels-onderwyseres, wat voorheen 20 jaar lank by die Hoërskool Suid-Natal was, en nou reeds geruime tyd by Port Shepstone High skoolhou. Dis duidelik dat Doug baie trots is op sy gesin, en ‘n groot hoogtepunt in sy lewe, waaroor hy entoesiasties gesels, was onlangs in Londen toe die Rawlins-egpaar en al hul kinders saam in Engeland gekuier het. Daar het hy ook die geboorteplek van sy Setlaar-stamvader besoek.

Doug, of Dougie soos sy vriende hom noem, het ‘n buitengewoon interessante lewenspad gevolg sedert sy geboorte in die Port Shepstone-hospitaal in 1958. Na hy sy skoolloopbaan hier afsluit by die Hoërskool Suid-Natal, sluit hy hom in 1976 by die Suid-Afrikaanse Polisie aan “omdat ek van kleins af ‘n polisieman wou word. Ek wou die slegte ouens vang en die goeie ouens beskerm”.

Na sy opleiding in die polisiekollege was hy ‘n jaar lank in die spesiale beskermingseenheid, en het hy BBP’s soos John Vorster en Nic Diederichs opgepas.

In 1979 het hy besluit om iets anders te doen, en was hy ses jaar lank in die bankwese en versekeringswereld. Die roepstem terug na die polisie was egter te sterk, en in 1985 sluit hy hom weer by die mag aan. Vir die volgende 12 jaar doen hy diens by verskeie afdelings, onder meer die narkotika-tak, en het by die afdeling moord- en roof tot kaptein gevorder. In 1998 tree hy uit die polisiemag, en word ‘n sakeman in Port Shepstone.

Omdat hy destyds reeds baie belang gestel het in die politiek van die dag, het hy op ‘n dag by die kantoor van die Demokratiese Party ingestap, sonder enige verwagtinge, en gevra of hy kan help. Van hier af het dinge vinnig gebeur, “heeltemal onverwags”. Hy word in 1999 raadslid in die ou TLC-opset. Die burgemeester toe was DD Naidoo, die huidige munisipale bestuurder van Ugu.

Met die stigting van die Hibiskuskus-Munisipaliteit in Desember 2000 word Doug verkies tot die eerste onder-burgemeester vir `n periode van negentien maande tot en met die eerste sg. vloer- kruising toe die NNP hom aan die DA onttrek het. Hy is ook deur sy koukus in die raad as koukus-leier verkies en dien nog steeds in daardie pos.

Dis ooglopend dat hy sy werk geniet. “Politiek is my stokperdjie, en ek hoop om ‘n rol te speel om ‘n baie beter toekoms, veral vir ons jong mense, te verseker. Die regering is besig om alles waaraan hulle vat, op te foeter. Dis tog ooglopend: hoe sterker die opposisie, hoe beter funksioneer die demokrasie, en hoe beter is die regering van die dag. Hoe meer druk op die ANC toegepas word, hoe beter is Suid-Afrika se kanse om ‘n wen-nasie te word, iets wat hy nie op die oomblik is nie.”

Sy ander liefde is rugby, en hy volg die verskillende kompetisies en spanne met groot aandag. Hy klink nie baie gelukkig met die Sharks se huidige vertonings nie.

Dink hy aan aftree? “Nie nou nie … maar ek wil ook nie te lank werk nie. Daar moet darem ‘n tyd wees om te rus. Dalk so oor vyf jaar? Bietjie meer?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

How to open a beer bottle without an opener

Do the right thing and never be thirsty again…

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…
WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.