Pro Deo-omgeegroep doen 16 jaar reeds wonderlike werk

2015-10-22 06:00
Ronel Steyn.
 Foto: johan pretoius

Ronel Steyn. Foto: johan pretoius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

IN elke gemeenskap is daar groepies mense wat of individueel, of in georganiseerde groepe, gemeenskapswerk as ‘n liefdesdiens lewer. Dikwels ‘onder die radar’ sonder vergoeding en bloot uit liefde vir hul medemens as deel van hul Goddelike roeping.

So ‘n groep is die Pro Deo-omgeegroep van die NG Kerk Margate, mans en vroue wat 16 jaar lank reeds liefdeswerk doen. Pro Deo se teikenmark is bejaardes oor die ouderdom van 65 jaar, en bestaan uit vyf onder-afdelings - klinieke vir senior burgers, Cansa-Hospies-Kankerkliniek Port Shepstone, apparaat-hantering, en geld-insameling.

Die klinieke word elke eerste Donderdag van elke maand aangebied in die Jeughuis by die NG Kerk Margate en die biblioteek op Port Edward. Bejaardes uit die hele gemeenskap se hare word gesny, nael- en voetsorg gedoen en bloeddruk, suiker en cholestrol word deur verpleegsusters getoets. Verversings word bedien en daar word lekker saam gekuier.

Pro Deo is weekliks betrokke by die kankerkliniek op Port Shepstone. ‘n Onkoloog en verpleegsusters uit Durban ontvang pasiente vir opvolg-ondersoeke, en chemoterapie soos benodig. Pasiente word so gemaklik as moontlik gehou omdat die behandelings somtyds baie lank duur. Verversings word aan die pasiente verskaf, en kniekomberse en mussies deur die gemeenskap geskenk, word aan pasiente uitgedeel.

Bejaardes en siekes word bygestaan met sowel tuis- as algemene versorging, wat hulp met inkopies, vervoer, vrienskaplike besoeke en ‘ouma-oppas’ insluit. Hospitaalbesoeke word weekliks in die Margate-hospitaal gedoen, waar hulle in die algemeen en met gebede bemoedig word. Apparaat soos rolstoele, looprame, krukke, toiletverlengings en badstoeltjies word uitgeleen, en doeke vir volwassenes word ook verskaf waar benodig. Geld-insameling word deurentyd gedoen.....daar is fietstoere, gholfdae en maandelikse pannekoek-verkope, geleenthede waarsonder Pro Deo nie sy gemeenskapsdiens kan lewer nie.

Een van die mense wat die Pro Deo-groep “bestuur”, is die huidige voorsitster, Ronel Steyn. Ronel gesels lekker maar terselfdertyd passievol oor die werk van die Pro Deo-groep. Sy is nou reeds meer as drie jaar in hierdie hoedanigheid, en geniet dit om by die groep betrokke te wees. “Ek was ‘n maatskaplike werkster, so omgee vir mense is in my bloed. Ek glo ook aan die ou beginsel dat jy ‘n mens eerder moet leer om vis te vang as om hom ‘n vis te gee.”

Ronel en haar man, die bekende internis Dr. Jaap Steyn, is reeds 17 jaar hier aan die kus woonagtig, nadat hulle uit die Kaap hierheen gekom het. Wat beteken dit om met ‘n geneesheer getroud te wees? “Dis vir my makliker as vir hom....hy werk baie hard, is uiters toegewyd en neem sy professie baie ernstig op.”

Die egpaar het twee kinders, die 21-jarige Suzaan en 23-jarige Phillip … Suzaan is ‘n derdejaar-student in die veeartsenykunde, en Phillip is ‘n Honneursstudent in Taalwetenskap wat beplan om by AFDA in die filmwese te studier. Dis ook nie moeilik om op te let hoe trots Ronel op haar spruite is nie wanneer sy oor hulle praat en verklaar hoe bly sy is dat albei van hulle vroeg reeds in hul lewens geweet het watter loopbane hulle wou volg.

Ronel kan gekontak word op 082 372 7174 vir meer besonderhede, of indien mense geldelike hulp wil aanbied.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.