Solidariteit Helpende Hand – die moderne Reddingsdaad-bond om Afrikaner-armoede te beveg

2015-10-01 06:00
Wynand Smith, die voorsitter van die Port Shepstone-tak van Solidariteit Helpende Hand.
Foto: johanpretorius

Wynand Smith, die voorsitter van die Port Shepstone-tak van Solidariteit Helpende Hand. Foto: johanpretorius

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

MENSE wat die Afrikaners van Suid-Afrika se geskiedenis ken, sal weet dat die destydse Reddingsdaad-bond wat in 1939 deur Ds. J.D. Kestell gestig is om verarmde Afrikaners te help, uiters suksesvol was, en beskou word as die perfekte voorbeeld van “’n Volk red homself” - juis die leuse van die Reddingsdaadbond. Die bond, wat in 1957 ontbind is, het duisende Afrikaners gehelp om finansieel op hul voete te kom, en was instrumenteel in die stigting van handelsreuse soos Federale Volksbeleggings, asook van die Afrikaanse Handels-instituut.

Hoewel die Reddingsdaadbond lankal nie meer bestaan nie, is daar ‘n plaasvervanger wat geruime tyd reeds dieselfde funksie vervul, naamlik Solidariteit Helpende Hand. Solidareit is inderwaarheid die oudste vakbond in die land, en is in 1902 gestig, basies vir mynwerkers, en het oor die jare verskeie “groei-inspuitings” beleef. In die negentien-negentigs het die vakbond met mening tot die Suid-Afrikaanse toneel toegetree onder die leiding van Flip Buys, die huidige uitvoerende hoof, en Dirk Herman, sy adjunk. Hoewel die vakbond dikwels betrokke is by sake van politieke belang, is sy standpunt dat hy hom nie tot enige politieke party verbind nie, en dat hy, anders as die meeste ander vakbonde wat ‘n sosialistiese grondslag het, binne die Christelike tradisies van die vakbondwese bedrywig is.

AfriForum, ‘n onafhanklike inisiatief van Solidariteit, is sowat 20 jaar gelede gestig as ‘n nie-winsgewende instelling wat probeer om die sowel die aktiewe as passiewe onttrekking van minderhede aan die samelewing stop te sit. AfriForum bied ‘n konstruktiewe geleentheid vir die aktivering­ van minderhede om aan die openbare debat en aksies deel te neem om hul toekoms te verseker. AfriForum het ‘n baie aktiewe tak in Margate.

Solidariteit Helpende Hand is deur Solidariteit op die been gebring om sy maatskaplike verantwoordelik- heidsfunksie te vervul. Solidariteit Helpende hand is ‘n onafhanklike entiteit wat afsonderlik van die vakbond funksioneer, hoewel dit finansiele ondersteuning van die vakbond se lede ontvang. Dit is geregistreer as ‘n Artikel-21-maatskappy, en fokus spesifiek op noodleniging in gebiede en gemeenskappe waar staatshulp nie geredelik beskikbaar is nie. Helpende Hand het hoofsaaklik vyf groot projekte, naamlik beurs-uitbetaling, ‘n noodfonds, kinderprojekte, skenkings van lewensmiddele en voedingsprojekte. Die Helpende Hand benodig jaarliks miljoene rande om maatskaplike projekte in die gemeenskap te begin. Die geld word hoofsaaklik van individue verkry, maar maatskappye doen ook skenkings.

Aan die hoof van Helpende Hand in Port Shepstone staan die 47-jarige Wynand Smith, wat in Port Shepstone gebore is, later in Scottburgh gewoon en sy skool-opleiding by die Kuswag-skool in Amanzimtoti voltooi het. Hy het grensdiens gedoen in die bekende en gedugte 32-bataljon, was van 1989 tot 2006 in die Department Korrektiewe Dienste, sewe jaar lank ‘n sakeman in Margate, en werk nou by ‘n onderneming in Marburg. Wynand se pa, Jan Smith, is die onder-voorsitter, en sy vrou, Joe, is die sekretaris van die plaaslike Helpende Hand-tak, wat hulle in September 2009 gestig het. Hulle het reeds honderde gesinne oor die afgelope twee jaar gehelp met die die skooltassie-projek, wat gemik is op skoolkinders van behoeftige ouers. Die tassies bevat noodsaaklike hulpmiddels vir skoolgaan, soos bv. skryfbehoeftes, ter waarde van R250 per tassie. Mense kan ook by die plaaslike tak aansoek doen om verskeie ander hulp-aksies soos studiebeurse, wat dan in samewerking met die Helpende Hand-hoofkantoor in Pretoria geprosesseer word.

Dis baie duidelik Wynand is pas-sievol oor die diens wat hy en sy gesin dmv. Helpende Hand aan die gemeenskap lewer: “Ek voel dis ‘n taak wat God van my verwag en wat hy my opgele het. Christelike waardes is vir my baie belangrik, en ek probeer om die Bybelse opdrag om die weduwees en die kinders te versorg, nakom. Vir Helpende Hand en myself is kinders uiters belangrik – hulle is die toekoms van die land. Ons help waar ons kan … ons beplan byvoorbeeld om in die nabye toekoms mense in ouetehuise, wat nooit die geleentheid het nie, fliek toe te neem, sodat hul lewens ‘n bietjie opgekikker kan word.”

Mense wat ondersteuners van Helpende Hand wil word deur ‘n minimum-bedrag van R50 per maand by te dra, of inligting wil bekom oor die diens wat gelewer word, kan Wynand kontak by 082 925 6153 of by wynand.smith@vodamail.co.za­

Inderdaad ‘n lofwaardige maatskaplike diens wat deur toegewyde mense gelewer word, en die steun van die gemeenskap wat hulle dien, waardig is.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/Sport
 

WATCH: Man films himself going down water slide upside down as things go very wrong…

What is at first an exciting tummy-turning adventure stunt, quickly turns into a scarily bad idea caught on camera. Take a look:

 
 

You won't want to miss...

WATCH: Conor McGregor: Notorious the trailer
Best date night restaurants in South Africa
WATCH: Ryan Reynolds offers fans a free tattoo in new Deadpool 2 teaser
Should you date your co-worker?
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.