Stiltetyd

2015-09-24 06:00

Geloofstryd

DIEGENE wat glo dat hulle in God glo, maar sonder passie in hulle harte, sonder gemoedstryd, sonder twyfel, en sonder om soms te wanhoop, glo net in die idee van God en nie in God self nie. Madeleine L’Engle. Die Christen se lewe word vergelyk met ‘n geestelike stryd teen magte wat soms vir hom of haar wil oorweldig. So fel kan dit soms gaan, skryf Paulus in Efesiërs 6 dat hy sê dis ‘n stryd teen Bose magte. Hierdie magte wil ons soms van ons geloof in Christus ontneem. Ons weet dat terugslae, siekte, die ouderdom, teleurstelling, al dergelike dinge ons soms teister. Soms is die lewe groen weivelde van rus en beleef ons inderdaad baie tye van rus en vrede in ons wandel met God.

• Dit is egter ook so dat die aanslae van die lewe dikwels (in Paulus se taal) soos vurige pyle op ons afgeskiet word, Hierdie vurige pyle kan ontstellende gedagtes, twyfel, of wanvoorstellings oor God wees wat ons in ons gemoed saamdraDis helaas ook so dat ons stryd ook nie noodwendig teen Bose magte is nie. Dis dikwels ‘n stryd teen vlees en bloed. Dis ‘n stryd om posisie te verower en te behou in my gesin of gemeenskap, in my werk. Dis ‘n stryd om ‘n plekkie in die son. Dit gaan om my ambisie teenoor jou ambisie. Hierdie stryd eis sy tol.

• Hoe oorleef mens hierdie stryd? Onthou bo alles dat God jou in Christus liefhet. By die kruis ontdek ons God se liefde. Ons glo dat in die donkerte daar ‘n hand is wat ons hand vat, God se hand. Behou kontak met die Hemelse Bevelvoerder deur die gebed. Bid vir jouself en jou medegelowiges in hierdie land. Ja, en al kry ons nie ons plekkie in die son nie, is dit nie die einde nie. Ons is meer as oorwinnaars deur God wat ons liefhet. Die Christen se geloof sal soms tot die uiterste toe getoets word. Ons sal die geloof behou. Niks kan ons immers van die liefde van God in Christus skei nie. Met dit in gedagte kan ons selfs teen Bose magte in die lug stry-in Christus se krag

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.