Stiltetyd

2015-10-01 06:00

Herinneringe

OOM KALLIE

ONS is almal vertroud met die gesprekke om braaivleisvure wat min of meer so lui: “Onthou jy die tyd toe jy ‘n brood vir 50 sent kon koop? Of onthou jy die tyd (1994) toe brandstof R 1.74 ‘n liter was?” Ja, ons almal ken sulke onthou tye, veral as ons terugkyk op ons lewenspad. Soms is die herinneringe mooi en ander kere is dit asof die verlede by ons spook. Soms is ons herinneringe selektief en onthou ons net die pynlike dinge. Ons is geneig om die slegte te onthou, omdat dit ‘n onuitwisbare invloed op ons lewens gehad het.

Heel dikwels is dit verkeerde besluite wat ons gemaak het, wat by ons bly spook. Ons vergeet van die kere toe ons op die grond neergegooi was, maar deur God se genade staande gehou is.

Die Bybel leer ons dat God ons dikwels met ompaaie lei om sodoende Sy doel met ons lewens te bereik.

Die Bybel roep ons op om die dinge te vergeet wat agter is en ons uit te strek na wat voor is, die oog gevestig op Jesus Christus, die Leidsman en Voleinder van ons geloof. (Hebreërs 12:1 en 2) Dit beteken om bewustelik, in gebed en bepeinsing, in God se teenwoordigheid te lewe. Wie so lewe, ontvang nuwe perspektief.

Dan sien ons, soos die bekende verhaaltjie dit het, die een ry voetspore waar God ons gedra het. Dan ontvang ons perspektief om te besef dat God selfs by die afdraaipaaie en teleurstellings van die lewe my hand gevat het.

Dan verknies ons ons nie oor die verlede nie, hoe pynlik dit ookal was. Ja, toe ek nie die bevordering gekry het nie, omdat God iets anders vir my beoog het; of die teleurstelling van ‘n gebroke verhouding omgesit het in die pasmaat wat God aan my geskenk het. Ja, dan kan ek soos Paulus uitroep: “God laat alles ten goede meewerk vir die wat Hy liefhet.” (Romeine 8:28)

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.