Stiltetyd

2015-10-08 06:00

WAT is die ideale samelewing?

Is dit nie so dat ons almal hoë ideale koester vir onsself, ons gesinne, ons land ons gemeenskap nie? Dikwels is hierdie ideale edel, soos om ‘n beter Christen te wees, of minder krities afbrekend te wees.

Ons ken ook die idealisme van die jeug oor ‘n beter samelewing. Soms wil ons ‘n demper op ander se ideale plaas met ons eie nat komberse van teleurgestelde verwagtinge. Die bekende Bergrede van Christus, (Matteus 5-7), skets vir ons die hoë ideal van God se nuwe wêreld, ‘n samelewing wat anders is en lyk as waarvan ons soms in die nuusmedia (wat die werklikheid reflekteer) lees.

Philip Yancey skryf dat Christene tog nie hulself moet verknies oor die onmoontlikheid om aan God se hoë ideale te voldoen nie.

Die Bergrede dwing ons juis om die groot afstand wat daar tussen mens en God bestaan, te erken. Daarom moet ons nederig genoeg wees om te erken dat ons elkeen soms ver te kort skiet aan dit wat God in Sy Woord van ons vra.

Ons is almal moordenaars, want wie sy broer uitskel vir ‘n idioot is strafbaar met die helse vuur. (5:22). Ons is almal egbrekers, want wie na ‘n vrou kyk en haar in sy hart begeer, het reeds met haar egbreuk gepleeg (5:28). Ons

skiet almal ver tekort aan die Groot Ideaal. Juis dit behoort ons nederig te stem.

Ons het almal genade nodig. Mag dit ons almal daartoe stem om met groter deernis met ander, maar juis met onsself om te gaan. Mag ons as Christene wat hier lees Geesgevulde idealiste bly, mense wat nooit God se ideaal vir ‘n beter samelewing en nuutgemaakte mense, laat vaar nie.

Christus het immers die hoogste prys betaal om ons van die vernietigende mag van die sonde te bevry. Daarom berus ons nie in die gebrokenheid nie, maar streef steeds daarna om bv leerlinge te vorm wat liefde nastreef, ambagsmanne te wees wat uitnemendheid nastreef,

kantoorwerkers wat mense nie laat wag op skrywes nie, afgetredenes wat mentors is vir jonger mense.

Ja, mense wat weet dat ons samelewing nog ver tekort skiet aan wat God se ideaal daarvoor is, maar nooit ophou om te

dors en honger na wat reg is nie. Laat ons nooit ophou om te droom oor God se verrassende moontlikhede vir ons samelewing nie!

Sy idealiste is immers soos sout gestrooi in elke stegie en huis en straat en hoekie van die Suidkus

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.