Wouter se Watergat

2015-08-13 06:00

Gary se Goudvissies

DIE atmosfeer in die Watergat was sedert verlede naweek meer neerdrukkend as die gevoel wanneer jy jou dierevriend van 15 jaar ‘n genadedood moet laat sterf om hom verdere lyding te spaar. Toe ek hierdie analogie noem aan Oom Theuns de Koker, ‘n besoeker uit Amanzimtoti en ‘n fanatiese Sharks en Springbok-ondersteuner, vat hy eers ‘n groot sluk uit sy lang glas-tapbier. “Ek weet presies wat jy bedoel, Woutie. Om die waarheid te se, ek dink ek voel soos jou hond kort voor die vee-arts hom ingespuit het.”

Ekself, my gesin, en almal betrokke by die Watergat, is stoere Sharks- en vanselfsprekend, nog sterker Springbok-ondersteuners. Almal behalwe een. Chris Johannes Potgieter, oftewel Oom Pottie. Ons is almal baie lief vir hom … ‘n dierbare mens en die sout van die aarde. Ook sterk pro-Bok, maar ‘n selfverklaarde “A Lion for Life”. Daarbenewens het hy ‘n patologiese afkeer van enigiets wat lyk of ruik na ‘n Blou Bul. Hy hou vol hy het sy redes … in sy jong dae in Gauteng het hy gereeld wedstryde op Loftus gaan kyk, en sy ervarings met die horingbelaaide toeskouers wanneer hy of vir Transvaal of vir die Vrystaat geskree het, het ‘n gevoel in hom laat onstaan gelyk aan die wrewel van sy konsentrasiekamp-ouma wie se enigste oorblywende besitting, ‘n naaimasjien, deur ‘n Britse offisier op ‘n perd, uit haar hande geruk en op die grond te pletter gegooi is.

Ons is ook nie mal oor die Bloues nie, maar sukkel om ons “pose” te hou wanneer Oom Pottie met die Sharks begin karring. Soos Vrydag onmiddellik na die wedstryd teen die Pumas. “En wat sê julle nou?” vra hy leedvermakerig. “Van die eens-gevreesde Sharks-rugbymasjien het julle nou verander in ‘n span vol “has-beens”. Vriende van Mnr Smit uit sy Saracens-dae. Het julle opgelet vandat hy oorgeneem het gaan dinge nie goed met die Sharks nie? G’n wonder die Gautengers noem hulle deesdae “Gary se Goudvissies” nie.”

Gelukkig kon ons die gesprek stuur in die rigting van gemeenskaplike pyn … die Springbokke. “Wat op aarde het gebeur?” was die algemene vraag. Geeneen van ons kon presies sê wat gebeur het nie … Pottie se opmerking dat Heyneke Meyer se Blou Bul-soort afrigting en keuse van spelers baie daarmee te doen het, het ons beredeneer maar nie heeltemal afgeskiet nie. Met die aandag op die Wereldbeker, het ons darem beter gevoel met die wete dat die All Blacks, ons gevaarlikste teenstander, deur die Wallabies geklop is.

Ewenwel, Oom Pottie is somtyds baie skerp. Soos Dinsdagaand. ‘n Laataand-besoeker verklaar hy het nie geld om vir sy hamburger en drie biere te betaal nie. “Ek bring die geld volgende week.” “Goed,” sê Oom Pottie, “ons skryf dan jou naam en hoeveel jy skuld op die muur by die veerpyltjiebord.” “Nee, nee, dit kan julle nie doen nie! Dit sal vernederend wees wanneer mense dit sien.” “Mense sal dit nie sien nie,” verduidelik Oom Pottie, “daardie duur leerbaadjie wat jy dra sal daar teen die muur hang en jou naam bedek, totdat jy betaal.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.