Wouter se Watergat

2015-09-10 06:00

DIS nie aldag dat twee afgetrede dominees en hul vroue saam die Watergat besoek nie, maar dit was ons voorreg om Donderdagaand gasheer te wees vir die twee oud-pastoriepare van Pretoria. Di. Piet van Rensburg en Sarel van Wyk is reeds sedert hul studentedae aan die kweekskool op Stellenbosch vriende, en het oor die jare op verskillende plekke gemeentes gehad, voordat hulle voorverlede jaar in dieselfde aftree-oord in Pretoria beland het. Iets wat doelbewus beplan is. Netsoos die huidige vakansie saam hier aan die Suidkus.

Hulle het besluit om te kom kuier, en ons het die spreekwoordelike hond uit ‘n bos gesels oor alles en nog wat, onder meer die Belhar-belydenis. Dis nie die plek om so ‘n gewigtige saak te bespreek nie, maar iets wat ek interessant gevind het, was hul mening dat die oorgrote meerderheid NG dominees waarskynlik ten gunste van die aanvaarding van Belhar as ‘n belydenisskrif is. “Dis die Kerkrade en gewone lidmate wat oral vasskop. Veral nou met die huidige politieke polarisasie in die land kan die kerk maar vergeet om dit goedgekeur te kry. Talle gemeentes het nie eens aan die onlangse referendum deelgeneem nie,” vertel Piet. Sarel wys daarop dat daar talle ander sake is waaroor daar in die NG Kerk groot meningsverskille bestaan, soos bv. gay-huwelike en -predikante. “Ek is maar bly ek is nie meer ‘n aktiewe predikant nie … dit gaan ‘n rowwe pad vorentoe wees. Dinge gons maar agter die skerms.”

Net voor hulle loop, vra ek of hulle nie ‘n dominee-grappie of -storie het om ons te vertel nie, ek soek iets vir hierdie rubriek. “Ek het,” antwoord Netta, Sarel se vrou, en sy knik vir Sanet, Piet se wederhelfte. Netta vertel van die ou oom wat destyds in die negentien dertigs daar aan die buitewyke van Upington gebly en een middag aan ‘n pastorie se deur kom klop het, omdat hy ‘n belydenis wou maak. Ou dominee maak die deur oop en laat die oom binne. Die oom begin met: “So, met die Boere-oorlog langs het ‘n pragtige meisie van een van die buurplase af een nag dringend by my kom skuiling soek teen die Ingelse. Toe steek ek haar in my skuur se solder weg.” Ou dominee vertel hom dis ‘n wonderlike ding wat hy gedoen het. “Jy hoef glad nie ‘n belydenis oor so-iets te doen nie.”

“Nee, nee dominee, daar is ongelukkig nog meer. Sy’t my met intieme gunsies begin betaal. Etlike kere per week, en op Sondae selfs twee keer.” Dominee is weer aan die word: “Dit was lank gelede broer, en jy het haar eintlik bygestaan in tye van groot gevaar. Onder sulke omstandighede kan twee jong mense hulleself maklik oorgee aan die begeertes van die vlees. Dit is alles vergeefbaar.”

“Dankie dominee, dis ‘n groot las van my skouers af. Ek het nog net een vragie.” En wat sou dit wees?” vra ou dominee. “Moet ek haar vertel dat die oorlog verby is?”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

24.com publishes all comments posted on articles provided that they adhere to our Comments Policy. Should you wish to report a comment for editorial review, please do so by clicking the 'Report Comment' button to the right of each comment.

Comment on this story
0 comments
Comments have been closed for this article.

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.