Wouter se Watergat

2015-10-01 06:00

SEDERT die Springbokke se oortuigende oorwinning oor die Samoane, het ek gesit en dink waarom ons so bang was dat die Springbokke teen hulle sou verloor, al is ons die vorige week deur die Japanners geklop.

Oom Pottie hou natuurlik vol dat hy altyd geweet het Suid-Afrika sou nooit twee wedstryde in ‘n ry verloor teen spanne wat nie eens in die wereld se top ses is nie, maar baie van ons was bang. Stories oor spanlede wat nie na instruksies geluister het nie, Jean de Villiers wat so stadig geword het dat sy vleuels hulself doelbewus ingehou het om hom nie agter te laat nie, Heyneke Meyer wat nie weet wat hy doen nie, was aan die orde van die dag. Waarom het baie van ons ons span skielik afgeskryf? Is dit die invloed van die media? Of skryf hulle wat ons voel? Hoe dit ookal sy, ek voel half skuldig dat ek gedink het ons sou dalk weer verloor.

Weereens ‘n geween en ‘n gekners van tande oor die Sharks … ons moet nou maar aanvaar hul Curriebekerkanse is daarmee heen. Die Leeus, daareenteen, speel wenrugby. Die span wat die beker wil wen sal hulle in die eindstryd op Ellis-Emiratespark moet klop. Pottie hoop en bid die Springbokke kom nie vroeg huis toe nie, sodat die ander span nie sy Springbokke beskikbaar sal he nie. Om doodeerlik te wees, ek sal nie omgee as die Leeus die Curriebeker wen nie … hulle verdien dit. En Johan Ackerman is die perfekte voorbeeld van hoe ‘n suksesvolle (selfs nie-suksesvolle) afrigter homself moet gedra. Nederig en sonder fanfare.

Op Erfenisdag was ons tjok-en-blok vol met besoekers....en iemand het voorgestel ons hou ‘n kompetisie. Die snaaksste kort storietjie uit ons Kaapse erfenis sou ‘n dosyn bier wen vir die verteller … almal het bygedra om die koste te dek. Hier is die stories, van sesde na eerste, soos deur ‘n stemming bepaal.

Lood Botes, Manaba: “Gatiep, waar kry djy djy daarie watch?” Gatiep: “Ek het dit in ‘n race gewen.” Meraai: “Hoeveel mense het deelgeneem?”

Gatiep: “Drie … die polisieman, die owner en ekke.”

Gert Griesel, Johannesburg: Gatiep sit op die trappe. Elke keer as ‘n chick verbyloop, maak hy “psst” om haar aandag te trek. Sy vererg haar. “Wat makeer djou. Het djy ‘n puncture in djou gevriet?”

Jan Douglas, Johannesburg: Gatiep kyk na die oorskot van sy pel. “Dja, djy het mos nie in die hemel of die hel geglo nie. Daar le djy nou, all dressed up and nowhere to go!”

Bettie Douglas, Johannesburg: Gatiep: “Meraai, maar djy het darem baie sparare in djou bene!” Meraai: “Dis die wiring vir my hotspot!”

Sam Greene, Roodepoort: Gatiep aan priester: “Hoekom dra djy jou hemp se boordjie agterstevoor?” Priester: “Ek is die vader van duisende.” Gatiep: “Miskien moet djy djou broek agterstevoor aantrek!”

Connie de Villiers, Ramsgate: “Gatiep, djy sal nie by die hiemel se poorte ingaan met ‘n asem wat na drank stink nie.” Gatiep: “Meraai, daar’s ‘n technical point van hiemel toe gaan wat djy nie van wiettie. My asem gaannie saammie!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.