Wouter se Watergat

2015-10-08 06:00

DIS seker onmoontlik om nie oor rugby te skryf indien jy elke dag meng met mense wat ‘n plek soos die Watergat besoek nie … en dit tydens die Wereldbeker-toernooi en onderweg na die Curriebeker-eindstryd. Boonop met ‘n fanatiese ou man wat op sy dag ‘n Simmer en Jack-voorryman was, teen met Natie Rens en Mannetjies Gericke gespeel en nog die Quinns-bakkerygebou by die ou Ellispark kan onthou.

Toe die Goue Leeus die WP verlede Vrydag skouspelagtig vermorsel, het ek hom onmiddellik na die wedstryd gevra om huis toe te gaan ter wille van die res van ons se gemoedsrus. Ek wonder wat hy gaan doen indien die Leeus al hul wedstryde wen, en dan deur een van die drie ander top vier in die eindstryd op Ellis (Emirates) park verslaan word. Ek glo vas aan die wet van gemiddeldes … en hierdie wet bepaal die Leeus kan nie al hul wedstryde wen nie. Dalk kan die Sharks nog die ding doen nadat hulle waarskynlik by die agterdeur ingeglip het na die gelykop-uitslag teen die Cheetahs.

Soos julle weet, het ons besluit om ‘n vorige besluit om nie politiek in die Watergat te praat nie, te herroep, en die verskillende politieke partye moet maar hul pak vat. Vandeesweek is dit die DA. Peet Wilken van Umtentweni het verklaar hy kan nie verstaan waarom die DA so kwaai opgetree het teen Diane Kohler-Barnard omdat sy ‘n Twitter-boodskap waarin PW Botha grappenderwys gevra word om terug te kom, aangestuur het nie. Sy het dit ‘geher-Tweet’ sonder om dit behoorlik te lees, ‘maar hel pel, waar gaan ons heen as as PW Botha as die een of ander demoon voorgehou word? PW was nou nie almal se gunsteling nie, maar Musi Maimane het die kat met albei hande aan die testosterone beet indien hy dink Me. Kohler-Barnard se menslike fout verdien so ‘n kwaai straf. Is die swart stem belangriker as regverdigheid? Nee man, waar gaan ons heen?”

‘n Oud-provinsiale politikus van die Vrystaat, Sarel Wessels, het aan sy Namibiese brousel geproe. “Moenie naief wees nie kerels, dis hoe dit werk in die politiek. Dis hond vreet hond en ‘n strewe na mag. OK?” Skielike stilte, en die debat was verby.

Omdat verlede week se snaakse storie uit die Kaap-kompetisie so geslaagd was, het ons dit weer probeer, maar met ‘n ander tema: wanneer die bakleiery begin. Weens ‘n gebrek aan ruimte, gee ons net die beste vier.

• Vierde - Daan Raubenheimer, besoeker van Johannesburg: “My vrou kla ek doen niks in die tuin nie, en op ‘n dag toe ek TV-rugby kyk, sit sy ewe sarkasties op die grasperk en knip met haar kombuissker. Ek stap toe soontoe, gee haar ‘n tandeborsel met die boodskap: ‘wanneer jy daar klaar is poplap, vee sommer die oprit’. Toe baklei ons.”

• Derde - Dries Vermeulen, besoeker van Clarens: “Ek sit en TV kyk. My vrou kom sit langs my en vra wat’s op die TV. Ek sê ‘stof’. Toe baklei ons.”

•Tweede - Dennis McQuade, besoeker van Durban: “My vrou skimp dat sy graag iets blink wil hê wat van 0 tot 200 binne sekondes kan haal. Ek koop toe vir haar ‘n badkamerskaal. Toe baklei ons.”

• Eerste, en die wenner van 12 biere - Johnny du Plooy, Umtentweni: “By my vrou se hoërskool-reunie sit sy en staar na ‘n ou wat aanhoudend drink. Sy vertel my hy was een van haar groot liefdes wat begin drink het toe sy hom los. ‘Magtag,’ sê ek ewe, ‘wie sou nou kon dink hy sou dit so lank vier?’ Toe baklei ons.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Man scores date with tennis superstar after Twitter bet

It’s a modern day Cinderella story, but one American man took ‘shoot your shot’ seriously in 2017.

 
 

You won't want to miss...

6 myths about male cancer
Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.