Wouter se Watergat

2015-10-15 06:00

BROER Adam van Kokstad het verlede naweek kom kuier … hy doen dit so elke tweede of derde naweek, dan bring hy sy gesin see toe en sommer my voorraad vleis vir die Watergat saam. Dis darem opmerklik hoeveel goedkoper vleis in Kokstad is as hier. Adam vertel dat ‘n kennis van hom onlangs weekliks Port Shepstone toe moes ry vir besigheid. Hy het elke keer 30 kilogram van die beste gehalte biltong by ‘n slaghuis op Kokstad gekoop, dit saamgery Sheppie toe en verkoop aan klante wat vooraf bestel het. Sy prys aan hulle was gemiddeld tien rand per kilogram minder as die beste gehalte biltong hier verkrygbaar … en hy het self vyftien rand per kilogram gemaak op die aankoopprys in Kokstad. Die vleis wat Adam vir my bring, kry hy by dieselfde slaghuis, en is, skaap en bees, gemiddeld tien tot vyftien rand per kilogram goedkoper as hier … en die gehalte is puik. Laat ‘n mens dink.

Verlede naweek kon OomPottie hom weereens nie beteuel nie. Dis asof hy ‘n perverse behae daarin put om enige Sharks-ondersteuner te tormenteer. Verlede Saterdag het ons geweet die Cheetahs sou nie maklik gaan le nie, maar toe die Sharks hier in die tweede helfte met veertien punte voorloop ses minute voor die einde, het ek begin uitsien na die wedstryd op Ellis (sorrie, Emirates) park en die Sharks. Ek was dankbaar dat die Sharks dit kon regkry om by die agterdeur in te glip, baie ingenome met myself bly oor Pottie se hang gesig. Die toilet het op daardie oomblik geroep, maar toe ek terugkom, sien ek dat die bal hoog deur die pale trek net voor die eindfluitjie blaas. Hoewel ek met ‘n skok besef het die Cheetahs het met ‘n reusepoging teruggeveg, het ‘n gelykop-uitslag my gerus gestel. Toe kommentator Hugh Bladen ook verklaar hy verstaan nie waarom die Vrystaters op die veld so uitgelate is nie, het ek self gewonder. Ongelukkig nie vir lank nie, want toe vind Bladen, en ek, uit ons is totaal oningelig , die Vrystaat bly voor die Sharks op die punteleer, en dis verby. Klaar. Die Sharks se vet tannie het gesing. En hopelik totsiens Gary Gold.

Vakansiegangers Oom Jan en Tant Sussie Groesbeek van Bloemfontein se storie was die beste van die afgelope week, en handel oor Koos se vrou wat hom skielik ‘n oorveeg gee. “Poplap, waarvoor was dit nou?” vra hy ewe moerig. “Dis vir die stukkie papier waarop ‘Jenny’ geskryf staan.” “Luister, Jenny is die perd waarop ek verlede week in die derde wedren op Greyville gewed het,” verduidelik Koos. Sy vrou vra hom nederig om verskoning en voel sleg oor die oorveeg. Drie dae later sit Koos weer ewe rustig en TV kyk, toe sy vrou hom met ‘n pan teen die kop slaan dat hy Big Ben hoor lui. “Wat gaan aan met jou?”. Hy vryf sy kop, terwyl sy vrou hom verwoes aangluur. “Jy het seker die telefoon hoor lui ne? Wel dis jou perd wat gebel het!”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.