Wouter se Watergat

2015-10-22 06:00

“HELP my asseblief! Ek voel nie lekker nie!” Dit was die woorde met ‘n smekende stemtoon wat my begroet het toe ek verlede Saterdagmiddag uit die Watergat se kombuis stap met twee borde hambuger-etes in my hande. In die hoekie van die kroeg-toonbank het Oom Pottie gesit, vooroor gebuig met die een hand op sy bors en die ander oor sy gesig.

Toe ek by Pottie kom, wetende dat hy ‘n hartprobleem het, het ek die ergste gevrees.

“Het jy pyn? In jou linkerarm?” “Nee, nee … geen pyn nie, maar my hart wil nie ophou galop nie.” Hy het geruime tyd reeds ‘n probleem met sy hart-ritme, en ‘n pas-aangeer is sy voorland.

“Waar’s jou pille?” vra ek. “In my motor.” Nadat ek hulle gaan haal het, en hy sommer drie gedrink het, het hy beter gelyk maar steeds gestres.

So ‘n half-uur daarna het Om Pottie skielik lewe gekry asof iemand ‘n skakelaar aangesit het. Hy staar na die TV-skerm, waar die Golden Lions pas die halfeind-wedstryd teen die Cheetahs gewen het. Toe maak alles sin.

Later dieselfde middag speel Suid-Afrika teen Wallis, en na tien minute van die tweede helfte kry ek hartkloppings. Ek grawe my Rescue-pilletjies uit my sak, en sluk sommer ses pleks van twee. Pottie sit doer in die ander hoek en loer deur sy vingers onderwyl hy bier drink soos ‘n kameel aan die einde van ‘n woestyntrek. Die Watergat, tjok-en-blok vol, was so stil soos ‘n Farao se graftombe.

Skielik breek Duane Vermeulen weg van die skrum, gee die bal ala Sonny Bill Williams agter sy rug verby na Fourie du Preez, Du Preez druk, en ‘n kakofonie van klank bars los in die Watergat asof ‘n selfmoord-bomdraer die knoppie gedruk het.

Oraait, ek het hier en daar oordryf, maar glo my, dis hoe dit gevoel het. Nooit weer wil ek sulke spanning ervaar nie. Indien die All Blacks die Springbokke aanstaande week wen, moet hulle dit asseblief van vroeg af en behoorlik doen sodat ons bloot die nederlaag moet verwerk.

Nodeloos om te se, Sondagoggend het ons hoofpyne soos min gehad. Pottie het eers weer Woensdag kom werk.

Die glimlag van die week kom van Daan Erwee van Port Edward. Die Suid-Afrikaanse geheime diens het ‘n vakature vir ‘n sluipmoordenaar. Honderde mense doen aansoek, en na vele toetse en onderhoude bly net drie kandidate oor. Twee mans en ‘n vrou. In die finale toets neem hulle een van die mans na ‘n staaldeur toe, en gee hom ‘n pistool. “Nou moet jy presies doen wat ons se, maak nie saak wat die omstandighede is nie. Jy sal jou vrou daarbinne kry. Skiet haar.” “Julle kan nie ernstig wees nie! Is julle mal! Ek kan nie my vrou doodmaak nie!” “Dan is jy nie die regte man vir die werk nie. Vat jou vrou en gaan huis toe.”

Die tweede man vat die pistool en gaan by die deur in. Alles is vir vyf minute doodstil voordat hy weer by die deur uitkom. “Jammer, ek kan nie my vrou doodskiet nie.”

Albei gaan huis toe.

Hierna neem die vrou die pistool, maak die deur agter haar toe, en die mense buite hoor skote klap gevolg deur ‘n groot geraas, geskreeu en stampe teen die mure. Skielik stilte. Die vrou maak die deur oop, en vee die sweet van haar gesig af. “Die pistool was met loskruitpatrone gelaai … ek moes die blikskottel met die stoel doodslaan!”

Toe ek by Pottie kom, wetende dat hy ‘n hartprobleem het, het ek die ergste gevrees. ‘Het jy pyn? In jou linkerarm?” “Nee, nee … geen pyn nie, maar my hart wil nie ophou galop nie. Hy het geruime tyd reeds ‘n probleem met sy hart-ritme, en ‘n pas-aangeer is sy voorland. “Waar’s jou pille?” vra ek. “In my motor.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

Men.24 Model of the Week: Wendy from Cape Town

Find out more about our featured model, Wendy from Cape Town

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
WATCH: Pornhub is giving users free access to premium content these holidays
5 top leg exercises for men
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.