Wouter se Watergat

2015-11-04 06:00

BELANGRIKER as rugby vandeesweek is die studente-onrus wat ons tot so ‘n paar dae gelede ervaar het. Hier in die Watergat was dit, benewens die rugby, ‘n konstante onderwerp waaroor ons gepraat het.

Soos bekend, is daar uiteenlopende standpunte hieroor. Daar is ‘n groep wat meen hoewel die studente dalk ‘n punt beet het, moet hulle met traanrook, honde en alles wat nodig is, uitmekaar gejaag word want hulle is skuldig aan sinnelose verwoesting, en is op niks geregtig nie as gevolg van hul gedrag. Myns insiens is dit die beginpunt van al die ander verskillende sienswyses. Veral wanneer jy aan die feite begin dink.

Die voorgestelde studiegeld-verhogings is 10 persent, ver bo die inflasiekoers. Die regering en Blade Nzimande self het die staatsubsidie aan universiteite geruime tyd gelede reeds verminder.

Die lewensduurte styg konstant, en veral die middelklas- blanke en swart ouers kan dit eenvoudig nie meer bekostig om vir hul kinders se universiteits-opleiding te betaal nie. Hulle sukkel reeds om skoolgeld by te bring. Om nie eens van die enkel-ouer-situasies in al die bevolkingsgroepe te praat nie.

Dis ook redelik duidelik dat die universiteite, party meer as ander, onkant gevang is omdat hul vooruit-beplanning en bestuur swak was. Dis eintlik lagwekkend hoe die beskuldigings nou heen en weer geslinger word, en hoe almal skielik met die studente simpatiseer. Blade Nzimande moedig ANC-lede aan om saam met die studente te betoog, en President Zuma praat met lof van hul deursettingsvermoe. Hulle moedig eintlik betogings teen hulself aan.

Waarom was dit nodig dat die studente die land moes omkeer om hul sin te kry? Waarom is die situasie by die Parlement nie beter gehanteer nie? Soos ‘n besoeker Woensdag gese het: die ‘bodemlyn’ is die regering het in alle opsigte gefaal … waar gaan hy nou die geld vandaan kry om die subsidie drasties te verhoog? Wie gaan betaal vir die skade wat die studente aangerig het ( hoewel die meerheid van hulle nie gewelddadig was nie)? Gaan iemand iewers minder steel?

Die rugby? Wel gedaan aan die Golden Lions. Hulle het die Curriebeker verdien. Dit wil gedoen wees om 48 uit die beskikbare 50 punte op die Curriebeker-kwalifiseringspuntelys te verdien. Oom Pottie sweef steeds op ‘n wolk … hy was op Ellis (Emirates) park, kuier by sy suster in Germiston en loop glo steeds in ‘n Lions-hemp in die strate rond.

Die Springbokke? Geen probleme nie...die beste span het verlede Saterdag gewen, en verdien die Wêreldbeker. Ons het die spelers, maar hul een-dimensionele spel is die probleem. Oplossing? Totsiens, Heyneke Meyer. Hallo … o gaats, wie?

Ons groetgrappie kom van Tant Babs Hougaard van Hibberdene: Sipho kry ‘n hoenderplaas dmv. die Staat se hervormingsding. Sy buurman, ook ‘n hoenderboer, doen sy broederlike plig en gee hom 100 kuikens om mee te begin. ‘n Week later vra sy buurman hoe dit met die boerdery gaan. “Nie goed nie, meneer, hulle het almal gevrek.”

“Goed, probeer weer. Hier is nog 100.” Twee weke later sien hulle mekaar weer, en die boer kry dieselfde terugvoer. Almal dood. “Nou wat gaan aan, Sipho?”

“Ek dink ek het uitgevind wat ek verkeerd doen. Ek plant hulle te diep.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.