AfriForum Margate: ‘Ons het ‘n baie suksesvolle jaar agter die rug’

2017-11-09 06:00
FOTO: johan pretoriusDie nuwe bestuur van AfriForum Margate (van links) Hennie van den Berg (penningmeester), Jaco Jansen van Vuuren (jeug), Eugene van Aswegen (sameroeper AfriForum KZN), Wessel Pretorius (gemeenskapsveiligheid), Adolf Oosthuizen (voorsitter) en Patrick McCabe (onder-voorsitter).

FOTO: johan pretoriusDie nuwe bestuur van AfriForum Margate (van links) Hennie van den Berg (penningmeester), Jaco Jansen van Vuuren (jeug), Eugene van Aswegen (sameroeper AfriForum KZN), Wessel Pretorius (gemeenskapsveiligheid), Adolf Oosthuizen (voorsitter) en Patrick McCabe (onder-voorsitter).

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

AFRIFORUM Margate het verlede week sy algemene jaarvergadering gehou, en die uittredende voorsitter, Wessel Pretorius, het sy tevredenheid uitgespreek met die organisasie se welslae oor die afgelope twaalf maande, en die konstruktiewe bydrae wat dit gelewer het om veral die munisipaliteite van die omgewing se dienslewering te help verbeter.

In sy toespraak het hy gesê Afriforum het die afgelope paar maande in sy takke en gemeenskappe gewoeker waar veiligheidsnetwerke en patrollies uitgebrei, slaggate herstel en munisipaliteite tot veraantwoording geroep is. AfriForum bly verbind tot sy doelwit om veiliger gemeenskappe te verseker en die gruwel van plaasmoorde en –aanvalle te probeer bekamp. ‘n AfriForumtak is net so sterk soos sy lede en hul betrokkenheid by die tak se aksies, en hy het mense genooi om hulle by die Margate-tak aan te sluit en by beplande aksies betrokke te raak.

Wessel het gesê die bestuur van AfriForum Margate het aan die begin van die jaar besluit om sy prioriteite te fokus op enkele probleme, pleks daarvan om alles aan te pak, iets wat in die verlede ‘n onbegonne taak was.

“Ons het verlede jaar besluit om drie Facebook-groepe, UGU, HCM en ‘Cllr Complaints’ te gebruik om probleme te kanaliseer en sodoende publieke druk op ons munisipaliteite toe te pas. Die plan was uiters suksesvol, en ons is oortuig daarvan dat heelwat aandag geskenk is aan die gemeenskap se probleme as gevolg van die druk van hierdie groepe.

“Saam met die ander belangegroepe en met die samewerking van heelwat van ons wyksraadslede is baie van die probleme geïdentifiseer en met die samewerking van albei munisipaliteite opgelos.”

Hy het verklaar daar is egter nog baie uitdagings wat die hoof gebied moet word, en die vermoede is bevestig dat daar ‘n duidelike tekort van kundigheid en bekwame personeel by albei hierdie munisipaliteite is.

“Ons is wel oortuig en tevrede dat die RNM probeer om hierdie uitdagings te oorbrug. Met Ugu is dit egter ‘n ander saak.”

Probleme wat hy uitgelig het, sluit in slaggate, RNM-verkeersdepartementlede wat nie die kwalifikasies het om arrestasies uit te voer, verordeninge af te dwing of om boetes uit te skryf nie, hoewel hulle dieselfde vergoeding kry as gekwalifiseerde lede. AfriForum bly bekommerd oor die veiligheid van mense in dorpe en op strande, en die RNM kan glad nie wet en orde op die kus handhaaf nie. “Ons beoog dus pensioenaris-patrolliegroepe vir die verskillende strande in die komende vakansietyd, indien moontlik.”

Minibus-taxi’s maak nog steeds net wat hulle wil, prostitute en die handel in dwelms is ook groot uitdagings, maar gelukkig daar is ‘n verbeterde optrede van die Margate-SAPS.

Ugu het ernstige infra-struktuurprobleme, sukkel met vermoedelike sabotasie, en AfriForum het ‘n klag by die Menseregtekommissie gaan lê weens die distrikmunisipaliteit se gebrek aan dienslewering.

Wessel het verklaar hy het by AfriForum geleer “ons voorouers het hard gewerk vir alles wat hulle het, en is bederf deur die tegnologie wat deur hulle vir ons geskep is.

Ongelukkig het ons ‘n regering gekry wat hierdie infrastrukture nie in stand kan hou nie en die gemeenskappe sal self moet inspring om seker te maak dat iets daarvan oorbly.

Baie mense verwag Afriforum moet ‘n towerstaffie swaai en alles laat werk, maar dit werk ongelukkig nie so nie.

AfriForum het die visie gehad om gemeenskappe op te lei om selfstandig op te tree. Dis hoe dit moet gebeur.” Mense hoor dinge in die media oor AfriForum wat verkeerd geïnterpreteer word, dan bedank hulle as lede.

Dit berokken die organisasie groot skade, en moet hok geslaan word.

Wessel se slotwoorde was: “Wie is ek? Wie is ons? Ons is daardie handjievol mense wat ruggraat by ons voorouers geërf het, en wat weier om te gaan lê. Ons is daardie handjievol mense wat sê ‘ons gaan nie opgee nie’.

“Ons is daardie handjievol mense na wie ons kinders met trots sal terugkyk en sê: ‘Dis die mense wat ‘n verskil gemaak het, Dis wie ons is’.”

Die Streek-koördineerder van AfriForum in KwaZulu-Natal, Eugene van Aswegen, het veiligheidsvoorligting aan die aanwesiges gegee, met die basiese boodskap ‘maak seker jy kan jouself verdedig, en wees verbind met ‘n doeltreffende veiligheidsnetwerk.’

Die nuwe voorsitter van Afriforum Margate is Adolf Oosthuizen. Die res van die bestuur is Patrick McCabe, onder-voorsitter, Hennie van den Berg, penningmeester, Jaco Jansen van Rensburg (jeug), en Wessel Pretorius (gemeenskapsveiligheid).

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

And the Paws24 and Hill's winners are ...

Find out who the winners of our Paws24 pet pics and Q&a competitions are...

 

Paws

Keep your family and pets safe from rabies
5 scientific benefits of owning a cat
Why we love cats
8 great natural remedies for your pet
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.