Belofte maak skuld

2018-06-21 06:01

BELOFTE maak skuld. Die spreekwoord beteken dat mens ’n verantwoordelikheid het om jou woord gestand te doen. Veral Christene het die verantwoordelikheid om getrou aan hul huweliksmaats te bly, want dis ’n belofte voor God gemaak. Politici het die verantwoordelikheid om hul woord gestand te doen, want die geweldige gaping tussen ryk en arm bring ons al nader aan moontlike opstande. Raadslede op die munisipaliteit het die verantwoordelikheid om hul woord gestand te doen, want oral aan die Suidkus breek waterpype en loop rou riool in ons riviere in. Christene het teenoor die Here die verantwoordelikheid om hul woord gestand te doen, want God het Hom aan ons in Sy liefdevolle genade verbind.

Israel, die Here se kerk in die Ou Testament, het nie hul woord gestand gedoen nie. Hulle verteenwoordig die vyeboom in Jesus se verhaal in Matteus 21:18-22. Dis die verhaal van ’n vyeboom met blare aan wat vervloek word om nooit weer vye te dra nie.

Die blare het belofte van vrug getoon, maar daar was niks. Hierdie vyeboom was vir Jesus simbolies van godsdienstige leiers wat geestelik dood is. Israel was soos die vyeboom, vol blare, vol belofte, die Tempel was beroemd om sy skoonheid.

Tienduisende offers is aan God gebring. Tog was daar nie werklike deernis met mense nie, was die egskeidingsyfers hoog en is daar op mense, veral arm mense en mense wat nie deel van Israel was nie, sondaars in hul oë, neergesien.

Belofte maak skuld. Israel as volk, was bevoorreg om die draers van die verlossings boodskap te vir die wêreld te wees. Hulle het die wet en al profete gehad. God het wonderbaarlik in al hul behoeftes voorsien.

Hulle was geseën sodat hulle die wêreld sou seën. Tog het hulle nie daarin geslaag om tot seën van die wêreld te wees nie. Hulle het die armes uitgebuit en nie regtig uitgereik na buite hul kring nie. En ons? Die beroemde Mahatma Ghandi, geestelike leier van Indië het eenkeer gesê: “I like your Christ, but not your Christians.”

Ons as Christene skuld ons gemeenskap God se liefde, omdat Hy Sy liefde aan ons in Christus bewys het. Belofte maak skuld.

Onthou die lot van die vyeboom.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
 

How your dog can tell what you’re feeling

Researchers have found a specific area in a dog’s brain that recognises human faces – a finding that may help to explain why dogs are so sensitive to human social cues.

 

Paws

Share your 67 minutes with animals in need this Mandela Day
Kevin Anderson’s dog is winning at Instagram!
Kim Kardashian-West buys fake testicles to boost her dog’s self-esteem
10 tips on exercising your dog
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.