Bergtop-ervarings

2018-03-15 06:00

Bergtop-ervarings bly mens by. Die eerste keer dat mens op Tafelberg staan en die stad strek voor jou uit, is jy in vervoering. Die eerste keer dat jy die mooi meisie of aantreklike man raaksien wat jou trou man of vrou sal word, bly jou by. Dit geld vir elke belewenis, ook op geestelike gebied.

Sommige van ons het in Christelike huise grootgeword.

Ander het soos die apostel Paulus ’n Damaskuspad ervaring gehad, ’n bergtop-ervaring. Bergtop-ervarings laat mens hunker na die nuwe wêreld van God wat besig is om deur te breek.

In Matteus 17:1-8 bevind Jesus en van Sy dissipels hulle op ’n hoë berg. Jesus is op pad om gekruisig te word in jou en my belang. Moses en Elia verskyn aan Jesus.

Hiermee wil Matteus bevestig dat alles wat deur die wet en die profete, d.w.s. die Ou Testament oor Jesus gesê is waar was.

Jesus moet egter bevestiging ontvang dat die sending waarmee Hy besig was, wel nog binne die wil van Sy Hemelse Vader was.

Die stem uit die hemel bevestig Jesus se sending. “Dit is my geliefde Seun, luister na Hom.” Jesus is waarlik die Seun van God.

Hy geniet die guns van God.

Hierdie bergtop-ervaring is vir Petrus so ’n diep religieuse ervaring dat hy sommer daar op die berg wil bly.

Hoe wonderlik sou dit nie wees om heeltyd die hele tyd sulke bergtop-ervarings te hê nie? Ons almal sal vir Petrus wou nadoen.

Die punt is net dat sulke diep emosionele ervarings nie volhoubaar is nie. Een of ander tyd moet ons die harde werklikheid van die lewe in die gesig staar.

Ons lewe hier op aarde midde-in die gebroke skepping, ’n skepping wat sug van verlange dat die nuwe hemel en aarde sal aanbreek.

Bergtop-ervarings is egter bedoel om ons toe te rus vir ons daaglikse taak.

Soos S Wesley na bewering gebid het: ”Help us Lord to remember that religion is not to be confined to the church or the closet, nor exercised only in prayer and meditation, but that everywhere I am in Thy presence.”

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.