Besef ons hoe ernstig dwelm- en alkoholmisbruik werklik is?

2018-10-18 06:02
PHOTO: SOURCEDDis ‘n fotogreep in Suid-Afrikaanse talle jongmense ( en volwassenes ) se lewens

PHOTO: SOURCEDDis ‘n fotogreep in Suid-Afrikaanse talle jongmense ( en volwassenes ) se lewens

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories


Fever
-berig oor die wettiging van dagga vir persoonlike gebruik, is verwys na die feit dat dagga in sy verskillende vorme, normaalweg saam met alkohol, die sogenaamde ‘intree-’ of ‘entry’-dwelm is op die pad na verslawing aan ‘harde’ dwelms soos heroïne. Dit is verlede week weereens bevestig met die skokdood van ‘n twintigjarige jongman van Port Edward wie se lyk deur ‘n familielid op sy bed gekry is. Hy het voor sy dood saam met maats iewers drank gebruik, huis toe gekom saam met van sy vriende deur die nag dwelms gebruik wat by ‘n plaaslike handelaar gekoop is. Familielede sê ‘n pakkie met geel en bruin poeier in sy sak gekry, vermoedelik methathinone, ook bekend as ‘cat’. Van die bestanddele is batterysuur en asmamedisyne. Mense na aan hom het gesê dis bekend dat hy dagga gerook het. Hy is dus weereens ‘n voorbeeld, en ‘n statistiek, van iemand wat die pad voluit geloop het, in sy geval tot die dood toe. Beginnende by sigarette, dagga en alkohol.

Nog nuusgebeure wat die misbruik van dwelms op die voorgrond geplaas het, was die protes-aksies in Kaapse en Gautengse Kleurling-woongebiede oor die onbeheerdse bendegeweld, waarvan die grondliggende rede dwelmverkope en die stryd om beheer daarvan is, en die verkragting van ‘n sesjarige kind in die tpoilet van ‘n restaurant.

Die uwe het derhalwe na die jongste beskikbare statistieke van SANCA, oftewel die SA Nasionale Raad teen Alkohol- en Dwelmmisbruik gekyk, en besef ons het eintlik geen idee van hoe ernstig die situasie is nie. Dwelmmisbruik neem geweldig toe, ook in ander wêrelddele, en die organisasie wys op die ontstellende verwoesting wat dit in gemeenskappe veroorsaak, asook die negatiewe gevolge op die geestelike en fisiese welsyn van mense. Die verslag lui dwelmmisbruik onder die Suid-Afrikaanse jeug is algemeen. Die gemiddelde ouderdom wanneer kinders met dwelms begin eksperimenteer is 12, en selfs jonger. In Gauteng wissel die ouderdomme van mense wat behandeling ontvang, tussen 9 en 82, het die proporsie van pasiënte tussen die ouderdomme van 10 tot 19 van 2016 tot 2017 met 29% toegeneem.

SANCA wys daarop dat ‘n gesaghebbende studie reeds in 2010 getoon het dat 12% van alle Suid-Afrikaanse skoliere in die een of ander stadium reeds minstens een van die volgende gebruik het: Kokaïne, mandrax of heroïne. Hierdie syfer was destyds die hoogste in Afrika. SANCA sê behalwe die begin-ouderdom van 12, is die ‘herrysenis’ van Mandrax ( Methaqualone ) kommerwekkend, asook die jeug ( en volwassenes) se weiering om die gevare van dagga en alkohol te besef. Dan is daar nog invloede in hul lewens wat hulle na dwelms dryf, onder meer dat hulle by die skool geboelie word, portuurdruk, stres, depressie, angsgevoelens, die drang om hulself skade aan te doen, ‘n lae selfbeeld en selfmoordpogings. Talle leerlinge het verklaar dat hulle dwelms by skole óf aangebied, óf verkoop óf gegee is.

SANCA beklemtoon dat Suid-Afrika se dwelmprobleem baie verder as die jeug strek, met ernstige dwelmmisbruik selfs deur mense in hulle tagtigs.

Suid-Afrika is onder top die 10 dwelm- en alkoholmisbruikers op aarde, twee keer die gemiddelde indernasionale norm. Minstens 15% van alle Suid-Afrikaners het ernstige dwelmprobleme, en hierdie syfer styg vinnig. Die Mediese Navorsingsraad het ‘n jaar gelede berig dat 11% van die Suid-Afrikaanse bevolking ( 5.7-miljoen mense) in hul leeftyd ‘n ernstige verslawing sal opdoen. In 2014 het die VV se wêreldverslag oor dwelmmisbruik getoon dat 7.06% van die land se bevolking dwelms misbruik, en dat een uit 14 mense gereelde misbruikers is.

Daar is nog baie ander onstellende syfers, maar weens gebrek aan ruimte net die volgende, wat deur gesaghebbende navorsers vasgestel is: Die kanse dat skoolkinders wat alkohol of dwelms misbruik by gewelddadige misdaad betrokke raak, is drie keer groter, 50% van graad elf leerders het erken hulle het alkohol in die voorafgaande jaar gebruik, die kans dat kinders met een alkoholis-ouer dieselfde pad loop, is 60%, 31% skoliere ‘drink sosiaal’, teen die ouderdom van agtien was 60% van ons tieners reeds op die een of ander stadium ‘dronk’, 35% van hoërskoolleerlinge is ‘probleemdrinkers’ wat minstens 9 eenhede spiritus, l liter wyn of twee liters bier drink, tien jaar gelede reeds was 20% van die pasiënte in rehabilitasiesentrums onder die ouderdom van 20 jaar, en die meeste van hulle was verslaaf aan tik, dagga en heroïne, en 50% van tieners wat hulp soek, is verslaaf aan dagga.

Hoe meer die uwe opgelees het, hoe groter het die gevoel van wanhoop toegeneem. Die oplossing? Nugter weet. Verskoon die woordspeling.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.