Blou Vlag-strande: Suidkus behou sy sewe, maar waar is Durban?

2018-11-01 06:02
PHOTO: SOURCEDDie Blou Vlag-embleem wat aandui die strand voldoen aan streng standaarde.

PHOTO: SOURCEDDie Blou Vlag-embleem wat aandui die strand voldoen aan streng standaarde.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Soos reeds bekend, het die Natalse Suidkus die Blou Vlag-status van sewe strande behou, en word die getal slegs deur Kaapstad oortref. Die strande is Marina, Trafalgar, Lucien, Southport, Umzumbe, Ramsgate en Hibberdene. Margate, wat vroeër ook hierdie status gehad het, het nog nie daarin geslaag om weer aan die standaarde te voldoen nie.

Hierdie standaarde is streng, en op die internasionale webwerf van die betrokke organisasie word die vereistes breedvoerig aangedui.

Van hulle is puik watergehalte, goeie bestuur, ‘n gedragskode vir mense wat die strande gebruik, voldoende en skoon toiletgeriewe, beskikbaarheid van noodhulp wanneer nodig, veiligheidsmaatreëls en streng beheer oor honde en ander huisdiere.

Daar is nog verskeie ander kriteria, en ‘n interessante bepaling is dat natuurlike opdrifsels en algae wat op die strande beland, nie verwyder moet word nie.

Wat die Suidkus se prestasie buitengewoon maak, is dat die standaarde dwarsdeur die jaar gehandhaaf word, terwyl die ander Suid-Afrikaanse strande dit net vir sekere periodes doen.

Suid-Afrika, die eerste land buite Europa wat hierdie status verwerf het, het met die jongste Wessa-toekennings 66 Blou Vlag-strande, die meeste van hulle in die Kaap.

Een van die nuwe toevoegings is die Victoria en Albert-waterfront in Kaapstad as ‘n marina.

Op die oomblik is daar 24 strande in drie provinsies wat voorberei word vir Blou Vlag-status.

Hulle is besig met die nodige opgraderings en aanpassings, en sal oor twee jaar aansoek kan doen vir volle Blou Vlag-status.

‘n Totaal van 14-duisend mense sal by die nuwe strande betrokke wees, en hulle word op die oomblik opgelei. Daar is ook agt Blou Vlag-marinas in die land: Sewe in Wes-Kaapland en een in Oos-Kaapland, naamlik Kaap St Francis.

Wes-Kaapland het die meeste Blou Vlag-strande in Suid-Afrika, naamlik 37.

Tweede is KwaZulu-Natal met nege en sewe wat daarvoor voorberei word.

Oos-Kaapland is tweede met sewe en agt wat hoop om die status te verwerf. Van I November af sal die Blou Vlag wapper op 3 783 strande en by 698 marinas wêreldwyd.

Die Blou Vlag-embleem het in 1987 ontstaan, meer as 40 lande neem daaraan deel, en die Wêreld-toerisme-organisasie sê dit is die bekendste eko-etiket ter wêreld.

‘n Vraag wat gereeld gevra word is: Wat het van die Durbanse strande geword?

Die antwoord hierop is ongelukkig dat hierdie stad, die eerste Suid-Afrikaanse stad wat Blou Vlag-standaarde toegepas het, tien jaar gelede besluit het om hom aan die toekenningsproses te onttrek weens die toenemende riool-besoedling van sy seewater.

In 2013 is besluit om weer aan die program deel te neem, wat vrywillig is, en die Ethekwini-munisipaliteit kon vanjaar twee Blou Vlag-strande, en twee wat voorberei word, verwerf. Voor 2008 het die stad 10 Blou Vlag-strande gehad.

In 2015 het ‘n navorser van die Universiteit van Natal ‘n uitgebreide studie gedoen, en bevind dat die mikrobiogiese gehalte van die water by Durban so versleg het dat ‘dit onwaarskynlik is dat Durban in die onmiddellike toekoms ‘n Blou Vlag-kuslyn gaan hê’.

Die hoofrede hiervoor is die besoedelde rivier- en stormwater wat in die see beland, en die gevolg is van stedelike ontwikkeling, informele nedersettings en riool-suiweringwerke langs riviere.

Nietemin, die stad het vasgebyt en twee strande – uShaka en Westbrook – het Blou Vlag-status gekry. Sewe strande in die munisipaliteite Ethekwini en KwaDukuza is in die proses om opgegradeer te word.

Hoewel daar hoop is dat Durban se destydse strandglorie herwin sal word, en provinsiale regerings-amptenare optimisties gereageer het met vanjaar se aankondigings, gaan dit ‘n opdraende stryd vir hierdie stad wees, wat ten spyte van die gebrek aan meer Blou Vlagstrande, steeds een van die land se gewildste vakansiebestemmings is.

Dis dus te betreur dat Suidkus- vakansiegangers in die onlangse verlede afgeskrik is deur die probleme van die Ugu-munisipaliteit met watervoorsiening en rioolbesoedeling, want dis ‘n besonderse prestasie om sewe Blou Vlag-strande te hê en ‘n groot toerisme-trekpleister.

Hoe gouer die kroonjuweel, Margate, op standaard gebring word, hoe beter. Wat klaarblyklik nie gou gaan gebeur nie, geoordeel aan die haglike posisie waarin Ugu hom bevind.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

Cluster Financial Manager

Cape Town
Network Finance
R950 000.00 - R1 000 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.