Bravade

2018-11-01 06:00

Ons as mense kan soms so vol bravade wees. “Ag nee, wat, die eksamen is ’n ou vulletjie,” laat val ons en dan dop ons die toets.

Mens kan jou eie vermoëns net so veel oorskat as wat jy jouself kan onderskat. In Matteus 26:33 lees ons die bekende verhaal van die apostel Petrus se bravade.

Hy hoor dat Jesus praat van Sy naderende dood en van die dissipels wat soos skape uitmekaargejaag sal word as die Herder van die kudde doodgemaak is.

Dit laat Petrus vol bravade, met die hand op die bors verklaar: “Nie ek nie Here, so nooit as te nimmer sal ek u in die steek laat nie.” Hy het gereken dat niks hom van sy verbintenis aan Christus sal losruk nie. Dis natuurlik eie aan die mens.

Niemand wil sy of haar swakheid, of broosheid voor ander erken nie.

Petrus sou egter die bitter lewensles moet leer: Wie staan moet oppas dat hy nie val nie. Daar is talle mense wat gereken het dat ’n ligte flirtasie nie gevolge het nie en vandag uit gebroke huwelike moes stap.

Daar is baie sterk mense wat, front voorhou en reken dat hulle nie voor die versoeking van geld sal swig nie; todat die haan drie keer kraai. Vol bravade basuin hulle hul dwaasheid soos Petrus uit.

Wat sou die teenvoeter wees vir bravade? Nie om die heeltyd te dink aan hoe jy gaan misluk nie. Nee, Petrus moes net erken het dat hy van Jesus se afhanklik was.

Die Lukas weergawe van hierdie teks vertel vir ons dat Jesus vir Petrus gebid het dat sy geloof nie ophou nie. Kom ons leer die les wat Petrus ten duurste moes leer na bittere verwyt: Jy is afhanklik van andere en van God veral, om staande te bly in die drukgang van die lewe.

Dit was uiteindelik Jesus se trou wat verhoed het dat Petrus se hele lewe nie verwoes is nie. Kom ons leer by Afrika: Ons is mens tussen mense.

Ons het mekaar nodig om te oorleef midde-in die druk om elke dag ’n bestaan te maak. Is jy nederig genoeg om jou afhanklikheid van andere en God te erken?

NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.