‘Bring en braai’: ‘n Geleentheid wat die ware karakter van mense wys?

2018-11-08 06:01
Jan Braai is ‘n deskundige op die gebied van bring en braai-etiket.....en sal sterk daaroor voel dat ‘n gas nie opdaag met ‘n goedkoop, warm bokswyn en tjops van ‘n skaap wat aan ouderdom dood is, en dan sy gasheer se Woolworths- lendetjops en mout whiskey drink nie.PHOTO: SOURCED

Jan Braai is ‘n deskundige op die gebied van bring en braai-etiket.....en sal sterk daaroor voel dat ‘n gas nie opdaag met ‘n goedkoop, warm bokswyn en tjops van ‘n skaap wat aan ouderdom dood is, en dan sy gasheer se Woolworths- lendetjops en mout whiskey drink nie.PHOTO: SOURCED

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

Enkele jare gelede is die uwe en sy wederhelfte genooi na ‘n ‘bring en braai’ in een van die Krugerwildtuinkampe. Ons was ‘n groep van ses vriende wat saam daar op besoek was, en vier nuutgevonde kennisse in die kamp is ook genooi. Die geleentheid was by een van ons groep se hutte, en hy was die ‘braaimeester’. Ons het opgedaag met ons vleis en drank, en die vroue het ‘n slaai vooraf gemaak. Ons het vier lam-lendetjops en goeie boerewors saamgeneem. Ek het ses blikkies Foster’s-bier, van Australië se gewildste, wat ek daar leer drink en hier ten duurste gekoop het, saamgeneem.

Ons vleis is in een bak saam met die ander geplaas, en die bier in die kleinerige wildtuin-yskassie. Die Pretoriusse het hul eerste blikkie bier saamgevat na die kampstoel toe, en met die ander gesit en gesels onderwyl die braaimeester sy ding gedoen het. Toe ek by die yskassie aankom vir die tweede Foster’s, was my verbasing groot toe daar geen blou blikkie in sig was nie. Net van SA Brouerye se chemiese mengsels. As dit nog Namibiese egte bier was, sou die woede nie so erg gewees het nie. Ek het versigtig rondgekyk, en ja wragtag, daar sit die vier nuutgevonde vriende, elkeen met ‘n Foster’s in die hand. Om te sê ek was de m**r in, sou nie ‘n oordrywing wees nie. Ek het nietemin twee van die ander (warm) produkte, ‘no names no packdrill’, waaraan ek bykans nooit my mond sit nie, uitgehaal en teruggegaan kampstoel toe.

Ons het gesit en gesels, en nogal lekker gepraat oor alles en nog wat, totdat die braaimeester ons roep om te kom vleis skep. Mnr. en mev. Pretorius het, soos dit mense met goeie maniere betaam, die ander eerste laat gaan, en toe ons tweede laaste by die bak aankom, was daar net taai, benerige skaaptjops oor. En wors wat meer senings as vleis in gehad het.

Terug in die kampstoele, met ons papierbord kos ( ek moet sê die slaai en krummelpap was baie lekker) het ons twee besef ‘n ‘bring en braai’ moet aan streng reëls onderhewig wees. Jy moet ook jou genooides versigtig kies. Daarna het ons verskeie soortgelyke geleenthede bygewoon, sonder probleme, nadat ons ons voorbehoude diplomaties oorgedra het, die jongste onlangs by vriende in Margate. Wanneer die geleentheid by die Pretoriusse is, vra ons sommer met hul aankoms dat gaste die moet seker maak hulle eet hul eie vleis en drink hul eie drank. Die heel beste reëling is dat elkeen sy eie vleis op die rooster versorg.

Ek het aan hierdie voorval gedink toe ek verlede week ‘n artikel gelees het van Tank Lanning, die bekende rugby-joernalis en ‘beroepsbraaier’. Die opskrif was ‘Is jy een van die ergste karakters rondom ‘n braaivleisvuur?’ Sy lys van ‘braaisondes’ begin by wat hy noem die ‘vyandige oorname’. Dis wanneer iemand anders die braaipligte ongevraag by die gasheer oorneem. Hy beklemtoon dat die braaitang, vleis of kole van iemand anders se braai nie aangeraak mag word nie. Tensy jy gevra word om dit te doen. Die tweede onwelkome karakter is wat hy noem die ‘fiemies-eter’. As daar bykosse is wat jy nie kan, mag of wil eet nie, laat die gasheer voor die tyd weet. Moenie nadat alles gebraai en die ete op hande is, verklaar jy eet nie dit of dat nie.

Die derde persona non grata, is die ‘backseat driver’, of die bekdrywer soos Oupa Gert altyd gesê het. Om die braaivleisvuur, gesels jou geselsies oor watter onderwerp jy verkies, maar moenie kommentaar lewer op die temperatuur van die vuur of die gaarheid van die vleis nie. Doen dit net as jy gevra word. Nommer vier is die suinigaard wat opdaag met een pakkie skyfies, ‘n paar broodrolletjies en vier warm biere, en huistoe gaan maag vol biefstuk, lekker gekoring met ‘n wegneempakkie skaaptjops onder die een arm. Nommer vyf is die onbedagsame drinker, om dit sagkens te stel. Hy daag op met ‘n halwe boks goedkoop Sauvignon Blanc, sit dit in die gemeenskaplike yskas, maar drink dan die gasheer se duurste whiskey. Laastens is daar die kulkunstenaar. Daar is gewoonlik ‘n paar van hulle by ‘n braai. Hy daag op met ‘n paar warm biere, maar neem net koues uit die yskas. Sy eerste prys is om ‘n blikkie warm bier te verruil vir ‘n groot glas yskoue, duur wyn.

Is jy een of meer van hierdie braaiboewe? ‘n Self-ondersoek het getoon die uwe is dalk ‘n sondaar in kategorie drie, maar meesal onbewustelik. Nogal interessant, en insiggewend, hierdie braaikultuur van ons Suid-Afrikaners. Vertel jou ook baie van jou medemens.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
Traffic

Jobs in Cape Town [change area]

Jobs in Western Cape region

IT Manager (contract)

Cape Town CBD
Communicate Cape Town IT
R330 000.00 - R458 000.00 Per Year

Reporting Accountant

Cape Town
Network Finance Professional / Prudential
R310 000.00 - R360 000.00 Per Year

HSE Manager

Cape Town
Tumaini Consulting
R550 000.00 - R650 000.00 Per Year

Property [change area]

There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.