Broers trap spore in Suidkus-sakewêreld

2016-02-18 06:00
                                                                                  FOTO: JOHAN PRETORIUS Die twee bekende Kinsey-Ahlers-broers van die Suidkus, Anton (links) en Johan.

FOTO: JOHAN PRETORIUS Die twee bekende Kinsey-Ahlers-broers van die Suidkus, Anton (links) en Johan.

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

DIE broers Johan en Anton Kinsey-Ahlers is reeds 18 jaar lank betrokke by een van die grootste motorhandelaars op die Hibiskuskus. Albei van hulle is sinoniem met die name Volkswagen en Audi - die 51-jarige Johan is die Handelaarshoof van South Coast Volkswagen en die Margate Audi Centre, en die 48-jarige Anton is die ver-koopsbestuurder van Audi.

Dis ooglopend hulle is baie trots op die fenomenale groei van die handelsname Volkswagen en Audi, wat vergestalt word deur die indrukwekkende, goed-ontwerpte en ultra-moderne geboukompleks wat die onderneming huisves – die jongste uitbreiding, die Margate Audi Centre, is onlangs ingewy.

Hoe het hulle gekom waar hulle nou is? Een van die bydraende faktore is die ‘Kinsey’ deel van hulle van. Johan en Anton is in Johannesburg gebore, en hul ouers is geskei toe hulle onderskeidelik drie en ses jaar oud was. Ma Lien Ahlers­ en haar twee seuns het Suidkus toe getrek, waar sy die bekende sakeman en motor-entoesias-renjaer Rod Kinsey ontmoet het.

Die twee is getroud, en Johan en Anton het deel geword van die bekende Kinsey-familie wat die destydse Munster Trading Store besit het. In die negentigerjare het die Kinseys die Munster Trading Store van die hand gesit, en in 1998 die destydse Kingfisher Motors in Margate gekoop. In daardie stadium het Johan reeds ‘n B.Com-graad voltooi en was hy in die bank- en versekeringsbedryf. Anton het hom reeds gekwalifiseer as ‘n bestek-opnemer, en ook in die bankwese, maar albei het nie ge-aarsel toe hulle deur hul pa gevra is om by die motorbedryf betrokke te raak nie.

Einde 1998 sluit hulle hulle aan by Kingfisher Motors. Hulle gee beide erkening en dank vir die geleentheid wat deur pa Rod Kinsey aan hulle gebied is om deel te hê aan die familie-onderneming.

Die onderneming het van krag tot krag gegaan. Bykomende grond is met verdrag aangekoop, en in 2004/5 is bykomende geboue opgerig vir South Coast Audi and Volkswagen, soos die handelaar toe bekend geword het, nadat LSC Volkswagen van Port Shepstone deel van die onderneming geword het.

Rod en sy broer Dave het afgetree nadat hulle hul sakevernuf op die twee broers oorgedra het, en hulle is nog saam met Johan en Anton, Liz Kinsey en Rory Lawlor aandeel-houers in die onderneming wat nou ook Suzuki South Coast insluit. Die Kingfisher Total-vulstasie en die geriefswinkel op die perseel voltooi die sake-prentjie.

Johan en Anton se moeder is vier jaar gelede oorlede. Dis ooglopend dat die twee broers baie goed oor die weg kom. Albei is trotse gesinsmanne­ … Johan is reeds 30 jaar met Elmarie getroud en het drie kinders, Chiné, Tristan en Kurt. Anton en Charmaine het twee kinders, Shannon en Tyren.

Albei maak geen geheim daarvan dat hulle diep-gelowige Christene is nie.

“’n Mens moet innerlik gelukkig wees met vrede in jou hart, wat net moontlik is met ‘n persoonlike verhouding met God,” sê Anton, en Johan beaam dit. Hy is geruime tyd reeds betrokke by die Margate-Baptistekerk. ‘‘’n Mens moet ‘n gebalanseerde lewe lei, en daar moet ewewig wees tussen jou werk en jou gesin. Maar bowenal, moet jy ‘n onwrikbare geloof in jou Skepper hê.”

Albei die broers glo in spanwerk, en heg groot waarde aan hul sowat 170 personeellede, van wie sommige baie langer as hulle by die onderneming betrokke is. Daarbenewens is hulle uiters dankbaar vir die ondersteuning wat hulle van Volkswagen en Audi oor die jare gekry het, en nog kry, en ook baie trots op die gehalte van die voertuie wat hulle verkoop. Johan en Anton glo ook vas ‘n groot bydraende rede vir die sukses van hul onderneming is eerlike en gehaltediens aan kliënte, iets wat hul personeel doelbewus nastreef. G’n wonder hulle het oor die jare­ reeds soveel toekennings van die moedermaatskappy ontvang nie.

Dit was ‘n plesier en voorreg om die broers beter te leer ken.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
ADVERTORIAL
Competition regulation for a growing and inclusive economy

ADVERTORIAL: The Competition Commission of South Africa is conducting advocacy work in the South African automotive aftermarket industry and has gazetted a Draft Code of Conduct for public comment.

/News
 

6 myths about male cancer

It is important to be aware of the most prevalent cancer diseases amongst men in our country.

 
 

You won't want to miss...

Who are the highest paid models of 2017?
10 gorgeous plus-sized models who aren't Ashley Graham
5 top leg exercises for men
10 best dressed men of 2017
Traffic Alerts
Traffic
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.