Bultrug-walvisse, verhoogkunstenaars van die see

2016-10-13 06:00
 PHOTO:

PHOTO:

Multimedia   ·   User Galleries   ·   News in Pictures Send us your pictures  ·  Send us your stories

VANDAT ek kan onthou, beskou ek walvisse as fassinerende diere. Die belangstelling is in my laerskooljare aangehelp met die lees van Herman Melville se epiese verhaal oor die wit walvis Moby Dick.

Hier langs die Suidkus van KZN is walvisse natuurlik volop in sekere tye van die jaar, meesal tussen Mei en November, en ek word nog steeds opgewonde wanneer ‘n walvis of walvisse in ‘n groep hul sterte bokant die water klap, vertikaal halflyf uit die water opstyg, of spronge heeltemal uit die water uit gee.

Met elke waarneming van ‘n walvis oor die jare was en is daar ‘n opwellende verwensing van die Japanners wat nog steeds jag maak op hierdie diere. Dit ten spyte van streng internasionale bewaringsmaatreëls, met die verskoning dat dit gedoen word om
wetenskaplike navorsingsredes.

Berigte van so twee weke gelede dat twee Bultrug-walvisse, sommige mense noem hulle Boggelrug-walvisse (humpback), op ‘n strand in die noorde van KwaZulu-Natal uitgespoel het, het ‘n nuuskierigheid aangewakker om meer oor hulle uit te vind, want dis my gunsteling-spesie uit die 37 verskillende soorte dolfyne en walvisse wat in Suid-Afrikaanse water gevind word, veral omdat hulle so akrobaties is.

Die Bultrug-walvis is ‘n groot en stewige soogdier, en hy word so genoem omdat hy sy lyf op ‘n bult of boggel trek wanneer hy uit die water opskiet. Die bokant van sy lyf is donkergrys of swart (met ‘n blou skynsel), en die onderkant kan óf lig óf donker wees.

Die skraal kop het knoppe bo-op en op die onderkakebeen. Die kenmerkende bult of boggelrug van die spesie is net voor die klein dorsale of rugfin.

Die pektorale of borsfinne is lank en slank en die stertvinne is breed met knopperige rante. Hulle het twee luggate. ‘n Volwasse bultrug-walvis word tussen 11.5 en 15 meter lank, en weeg tussen 25 en dertig ton. Soos met ander walvisse, is die vroulike diere groter as die manlike eweknieë.

Hulle is migrasiediere, en word oral in die wêreld se oseane op verskillende tys van die jaar aangetref. Hulle is ewe tuis in die ysige water van Antarktika as in die warm Indiese Oseaan hier by ons. Hulle paar in die warmer water, en die kalfies word gebore na ‘n draagtyd van 11 maande.

Die kalfies bly vir die eerste jaar naby die ma, en word gevoer op ‘n dieët van proteïnryk, hoëvet-melk. Die Bultrug kan begin voorplant op die ouderom van vyf jaar, en van hulle word bykans vyftig jaar oud. Baie van hulle swem alleen, maar kan ook lede wees van groepe van tot 15. Die manlike diere baklei gereeld met mekaar, veral tydens paartyd, en littekens kan dikwels op hul lywe gesien word.

Die Bultrug-walvis swem normaalweg stadig, en ongelukkig het die dier se natuurlike nuuskierigheid en neiging om ondersoek in te stel wanneer bote hulle nader, hom in die verlede maklike prooi van jagters gemaak. Een van die redes waarom dit my gunsteling-spesie is, is die mooi “liedjies” wat hulle sing met huil-, tjank-, piep- en kermgeluide, wat vir ure kan aanhou soos hulle swem.

Kenners meen dis ‘n integrale deel van die kommunikasieproses tussen hulle, en speel ‘n rol wanneer potensiële paarmaats gesoek word. Die Bultrug is ‘n balein-walvis (balein is ook bekend as walvisbaard ) wat beteken hulle neem voedsel in deur groot hoeveelhede water deur die balein in te suig.

Klein visse, skaaldiere en plankton bly agter wanneer die water deur die bek teruggestoot word in die see. Ongelooflik soos dit klink, eet hulle tussen 2 000 en 2 500 kilogram kos per dag.

Vandat die verbod op walvisjag ingestel is, het die Bultrug-walvis se getalle drasties toegeneem nadat dit deur uitwissing bedreig is omdat dit so ‘n maklike prooi was. Kom ons hoop hulle sal nog lank in die wêreld se oseane wees om ons te vermaak.

Join the conversation!

24.com encourages commentary submitted via MyNews24. Contributions of 200 words or more will be considered for publication.

We reserve editorial discretion to decide what will be published.
Read our comments policy for guidelines on contributions.
NEXT ON NEWS24X

Inside News24

 
/News
Traffic Alerts
There are new stories on the homepage. Click here to see them.
 
English
Afrikaans
isiZulu

Hello 

Create Profile

Creating your profile will enable you to submit photos and stories to get published on News24.


Please provide a username for your profile page:

This username must be unique, cannot be edited and will be used in the URL to your profile page across the entire 24.com network.

Settings

Location Settings

News24 allows you to edit the display of certain components based on a location. If you wish to personalise the page based on your preferences, please select a location for each component and click "Submit" in order for the changes to take affect.




Facebook Sign-In

Hi News addict,

Join the News24 Community to be involved in breaking the news.

Log in with Facebook to comment and personalise news, weather and listings.